Dit is vermoedelik die eerste keer dat iemand wie se eierstokke voor puberteit verwyder is, ná die terugplasing daarvan swanger geword het, luidens die tydskrif, Human Reproduction.
Die meisie moes destyds ná ’n beenmurg-oorplanting chemoteratpie ontvang vir ’n siekte wat veroorsaak het dat haar rooibloedselle te min suurstof vervoer het.
Haar eierstokweefsel is gevries en tien jaar later weer teruggeplaas. Twee jaar later was sy swanger en het die lewe geskenk aan ’n babaseuntjie.