Vrou skenk geboorte ná eierstok-oorplanting

Argieffoto

Argieffoto

’n Belgiese vrou van Kongolese herkoms is die trotse en gesonde moeder van ’n babaseuntjie nadat haar eierstokweefsel wat op 13-jarige ouderdom verwyder is later weer teruggeplant is.

Dit is vermoedelik die eerste keer dat iemand wie se eierstokke voor puberteit verwyder is, ná die terugplasing daarvan swanger geword het, luidens die tydskrif, Human Reproduction.

Die meisie moes destyds ná ’n beenmurg-oorplanting chemoteratpie ontvang vir ’n siekte wat veroorsaak het dat haar rooibloedselle te min suurstof vervoer het.

Haar eierstokweefsel is gevries en tien jaar later weer teruggeplaas. Twee jaar later was sy swanger en het die lewe geskenk aan ’n babaseuntjie.

Trouw, De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.