Vrou skuldig ná twee sterf toe sy vir eendjies stop

Argieffoto

Argieffoto

Emma Czornobaj (25), ʼn vrou van Kanada, wat op die snelweg vir eendjies stilgehou en die dood van twee motorfietsryers veroorsaak het, is skuldig bevind aan strafbare manslag.

Czornobaj was destyds 20 jaar oud toe die ongeluk plaasgevind het. Sy het gesê sy het slegs aan die welstand van die diere gedink. Sy het stilgehou om ʼn groep van sewe eende oor die pad te help.

André Roy (50) en sy dogter, Jessie (16), het ʼn paar sekondes later met ʼn Harley-Davidson-motorfiets in haar motor vasgejaag. Al twee is in die ongeluk oorlede.

ʼn Jurie van 12 persone het haar in ʼn hof in Montreal skuldig bevind aan kriminele nalatigheid en sy kan tot lewenslange tronkstraf opgelê word.

Annie-Claude Chasse, staatsaanklaer, het gesê dit moet as ʼn waarskuwing dien aan alle motoriste. “Mens stop nie vir diere op die snelweg nie,” het Chasse gesê.

Czornobaj, ʼn finansiële analis, sukkel glo sedert 2011 om werk te kry sedert sy aangekla is.

Sy sal op 8 Augustus gevonnis word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frikkie Botes ·

Die SA wet werk anders, jy moet kyk waar jy ry , as sy nou daar gestop het AGV n kar wat gebreek het, wat dan?

Bietjie erg.. ·

Ja mens wonder nou… dis sleg dat 2 mense dood is, maar hoe vinnig het hulle gery as daar staan hulle het vasgejaag in haar motor? Het hul dalk so vinnig gejaag dat hulnie kon uitswaai, was sy om ‘n draai geparkeer of wat – mens weet nou nie wat al die feite van die saak is nie. Om haar leweslank te gee is myns insiens bietjie rof, sy het tog ‘n goeie hart… Voel jammer vir die vrou ook

Nina ·

Genade, mens moet darem wragtig ten alle tye jou blessitse volgafstand hou! Dis belaglik dat die vrou lewenslank kan tronk toe gaan omdat iemand anders duidelik te vinnig of te naby aan haar gery het. :/

Bietjie erg.. ·

@Nina – NET SO! Klink my of die ou maar biejtie woes gery het. Weereens mens is jammer dat mense gesterf het maar ‘n saak het twee kante en vir iemand wat tyd maak om diere te help het ek BAIE tyd. Lewenslank is BELAGLIK verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.