Vrou spoor baba se pa op danksy Gumtree-advertensie

Bianca en Logan Fazey

Bianca en Logan Fazey

ʼn Vrou het danksy die webwerf Gumtree, die pa van haar baba opgespoor nadat sy ná een aand met ʼn vreemdeling swanger geraak het.

Bianca Fazey (25) van Jurien Bay in Australië het ʼn advertensie op Gumtree geplaas nadat sy uitgevind het sy is swanger: “Looking for Jeremy from Morley”. Sy het net geweet sy naam is Jeremy en hy is van Morley in Perth – en dat hy geen tatoeëermerke het nie. Hulle het op 23 April 2014 die aand saam in ʼn hotel spandeer.

Fazey het in die advertensie gesê sy het sy nommer uitgevee omdat sy gedink het sy sal dit nooit weer benodig nie, totdat sy uitgevind het sy het wel iets wat aan hom behoort.

Baba Logan Fazey is in Januarie gebore en Fazey het intussen op Facebook bevestig dat sy die pa opgespoor het: “Ek kry daagliks boodskappe van mense wat wil weet of ek Jeremy al opgespoor het. Wel, danksy die media en my storie wat al die uithoeke van die wêreld bereik het, het ek hom gevind. Hy is in Australië gebore en het hier grootgeword. Hy bly nou saam met sy meisie in Kanada. Hy het glo die storie gesien en vir sy meisie gesê, ‘daar is nie ʼn manier nie’. Ek aanvaar dit as sy besluit, en ek is nie meer op soek na hom nie en sal hom nie verder pla nie. Ek het net sy vriend laat weet dat as hy my eendag wil kontak, dan het hy my besonderhede. Ek is tevrede met die uitslag van die verhaal, ek het klomp nuwe vriende ontmoet en ek het bereik wat ek wou. Baie dankie weereens vir almal vir hul volgehoue ondersteuning. Ek en Logan is baie gelukkig en ons beweeg vorentoe ná al die moeilikheid as ʼn gelukkige gesinnetjie.”

looking for jeremy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

danie ·

Meskien kan sy nou OLX gebruik en kyk of sy haar verstand ook kan opspoor

magriet ·

ag sies man voel julle nou beter? en by the way, who died and made you god?? hoop vir julle part nie julle het groen koring op die land nie

Peet Schabort ·

Sy het darem nie toe oë in die moeilikheid beland want sy kon sien hy het nie tatoeërmerke. Goeie begin maar nie goed genoeg. Jeremy, jy is ‘n black sam.

Asjas ·

Wat het sy gedink gaan gebeur? Het sy gedink sy is ‘n karakter in ‘n soppy Mills & Boon?
“She was the one night stand he could never forget .. bla bla bla etc etc” happy ending? Ha ha dom vroumens.

goggie ·

Lekker gelag vir Peet dat sy darem met oop oë in die ding gegaan het. n Aussie sonder tatoeëermerke is skaars, die dat sy hom maklik opgespoor kon kry. Al wat ek kan sê is….lae klas vroumens. Dit wat skandelik was jars terug is nou niks en n prestasie, dit kan self’s die blaaie haal, vroeëer het hulle niemand eers vertel nie, weggekruip. Wat het geword van eers trou en dan slaap ons saam, nou trou ons as die kinders daarop aandring, as my “partner” nog by my is, bygesê. Ek het vir haar n woord wat met n “s” begin….one night stand, skandelik om jouself so vir n vreemde man te gee.

griki ·

En die man is, soos gewoonlik, vlekkeloos. O, ja, hierdie vlekkelose man klink ook nie asof hy ooit enigiets sal bydra tot sy kind se grootmaak en opvoeding nie. Niemand van julle ken haar nie en om haar sleg te sê en name te noem oor een aand se oor-die-toutrappery is in swak smaak. Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip optel….

Nina ·

O wee, Grik….op hierdie forum is ‘n klomp heiliges wat nooit as te nimmer sal skeef poep, mens! Hahaha! Vlekkeloos en spierwit… ;)

Bennie ·

Dit is die rede hoekom ons mensdom verval, gee jou opinie maar los die mense se karakter uit, sy het niemand vermoor nie. Sy het moontlik die eerste keer in haar lewe die one night ding gedoen, nou word sy as losbandig en n slet genoem. Ek dink Jeremy kan nou as die onschuldige gesien word, want die mans is mos nooit skuldig nie en was hul hande in onskuld.

SANDR ·

Ons kan nou almal haar sleg se en veroordeel, dit wat sy gedoen het was nie reg. Maar sy het die regte ding gedoen om die Pa te probeer opspoor. sy sou altyd gewonder het het ek genoeg gedoen om eendag die kleinding te kan vertel, ek was verkeerd, ek het probeer, maar jou pa het nie belang gestel. Dit kos twee om die game te speel dit is nie net sy wat los is nie, wat van hom?????

Gideon ·

Die man verdien nie dié baba nie- baie wyse vrou, beweeg aan, jou kind kan baie bly wees om nie met so lamsak van pa eendag te sit nie.

Eliza-beth ·

Mens sal dink iemand van 25 sal darem slim genoeg wees om voorbehoeding te gebruik as sy sommer met ‘n man “sonder van” gaan slaap. Die ergste is die kind wat sonder ‘n pa grootword en eendag gaan uitvind sy pa wou hom nie hê nie. Dis die ergste van die hele storie. ‘n Kind wat so grootword het altyd ‘n leemte in sy lewe en heel moontlik gaan hy ook maar sy saad rondsaai sonder om te kommer oor die gevolge – dis tog sy verwysingsraamwerk. Kom ons hoop maar dit gebeur nie…

Eish! ·

En sy is ‘n sl……….t! So skree almal! Wat noem julle hom????????????? Jammer maar een ding is verseker “its a MAN’s world”
Ek is ‘n vrou met waardes en glo my as dit nie vir sulke SLEG MANS was nie, was daar nie sulke vrouens nie!
Ten minste het SY die gevolge gedra en gaan SY die Gevolge dra en is SY bereid om die Gevolge te dra en het SY soos ‘n ouer opgetree.
Volgens my is SULKE MANS slegter as die slegste ding op aarde. Draai om en hardloop soos ‘n brandsiekbrak met daai stokstyf-stert tussen die bene na die volgende slagoffer! Siek Siek Siek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.