Vrou spring uit motor oor spinnekop

Foto: Kosciusko County Sheriffs Department

Foto: Kosciusko County Sheriffs Department

ʼn Vrou van Indiana in die VSA het Vrydag uit ʼn bewegende motor gespring toe ʼn spinnekop oor haar skouer gekruip het.

Angela Kipp (35) het agteruit uit haar oprit gery toe sy die spinnekop gewaar en paniekerig geraak het. Haar negejarige seun was op die agterste sitplek toe sy uit die bewegende motor gespring het, berig WFTV. Die seun het na die voorste sitplek beweeg in ʼn poging om die motor te stop. Hy het egter per ongeluk die petrolpedaal in plaas van die rem getrap en die motor het ʼn skoolbus getref.

Die polisie het aan WFTV gesê die seun is met geringe beserings na ʼn hospitaal geneem. Daar was gelukkig nie passasiers op die bus toe die ongeluk gebeur het nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

SNEL ·

My kind se ore sal seker nooit weer dieselfde wees nie, en ek sal skreeu tot ek uit stem uit hardloop, maar sit sal ek sit in die kar en n paar houe links en regs uitdeel tot ek Mr spider plat het, maar as dit nou n slang was….is ek op haar hakke teer se kant toe, as my hart dit so lank gaan hou.

broos ·

ek is jammer vir die seun, maar ek sou presies dieselfde gedoen het….

Rikku ·

My Man het ook al uit ‘n bewegende Kombi gepring en my alleen met my Pinnekop vrees gelos.
net om uit te vind die Spinnekop sit aan die buitekant van die vooruit.

Hendrika ·

Kyk ek lief nie ‘n “papoep” nie maar vrou trek net die handrem vas quick quick en dan kan jy spring! slang se kind daar spring jy sommer deur die dak as dit te lank vat om die deur oop te maak hahahaha. of tien teen een VRIES

René ·

Jammer maar my kids kom 1ste. Dit was nalatig en vreeslui onverantwoordelik van daai vrou…sy kan God dankie se dat haar kind niks oorgekom het nie. Ek stem saam, trek op die handrem dan spring uit….

Louisa ·

Ek het twee tarantulas en sal niks doen nie. Dis die vrees vir die onbekende wat ons impulsief laat optree. Ons het bitter min gevaarlike spinnekoppe in Suid -Afrika. Ek dink Neu. Zeeland is van die plek met die dodelikste spinnekoppe in die wereld. Ons moet eerder bang wees vir mense ons is ons eie grootste vyand. Ek se maar net so moet my asb nie kruisig nie.

Nee ·

O my jinne jong nee nie regtig nie die gevaarlikste spinnekop in NZ gee jou net n kopseer. Hier is nie eers slange nie. :-)

Ellarie ·

Ek sou presies dieselfde gedoen het. Jammer vir boeta op agterste sitplek! Gelukkig was sy engeltjies daar!

Hettie ·

Ja, ek sal ook so maak want vreeslik bang vir enige spinnekoppe! Bly kind leef nog!

Ronell Wilken ·

My seun bestuur die motor ek sit langs hom voor …my suster en haar dogter sit agter. My suster se dogter se in a baie egalige stem… stop die kar…stop die kar…stop die kar. Robert vra hoekom en sy se weer baie rustig…stop die kar…stop die kar…stop die kar. En Robert kry a parkeer plek en stop. Eers toe se sy vir haar ma: Ma daar op die deur langs jou sit a baie groot spinnenkop…so groot soos a man se hand. Toe sit my suster al klaar op haar kop soos a hoed. Ek moes situasie red….deur oop pluk en spinny shoo shoo…..! Een massive koerantklap..! Toe ons terug verby hom ry… toe le hy nog in die pad katswink en almal rilll not steeds. HE HE

Charmaine ·

Daai tyd dink jy nie, jy reageer. Ek sou veel erger oorgekom het,maar my motor sou ook afgeskryf gewees het. Em dan sou julle n brandslang nodig gehad het om my en my omgewing skoon te spuit, haha.

rhelda joubert ·

Moeilik om te se!!!! Wat ek sou doen????? Hier woon n groot reen spinnie I’m my huis ( hulle se harmless ) ma ht jy di goedjies al van naby bekyk?????

Scary pants! ·

Nee kyk! ek sou presies dieselfde gedoen het!! Ek het al in pajamas die straat af gehardloop agv n reen spinnekop in my wasbak!!! My buurman moes hom kom verwyder!!!

Erna Steytler ·

Jare terug met my volla die huishulp huis toe geneem en toe ek die sonskermpie(visor) afklap vir die son in my oë, toe kyk mnr die groot vet jagspinnekop my in die oë! … en dis mos nou sommer NABY aan my. Soos blits gestop en met die seemsleerlap hom uitgehelp to in die teerpad. Ek probee so hard om nie vir hulle bang te wees nie, maar as ek een van hulle met ‘n lap vang om buite vry te laat, gril ek my disnis as hy so kriewel in die lap!

Skepties ·

Ek wonder darem oor daardie een? Dalk was die kind agter die stuur en mamma nog nie in die motor nie en nou word dié storie opgemaak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.