Vrou sterf ná dae langs lewensmaat se lyk; polisie reageer nie op oproep

Lamara Bell. Foto: Facebook

Lamara Bell. Foto: Facebook

Die Skotse polisie kom erg onder skoot nadat ʼn vrou vir drie dae langs die lyk van haar lewensmaat in ʼn motorwrak vasgekeer was, hoewel die polisie ʼn oproep oor die ongeluk ontvang het.

Die BBC berig dat Haar Majesteit se Inspektoraat vir Polisiebeamptes in Skotland (HMICS) ʼn dringende hersiening gaan doen oor die hantering van oproepe aan die polisie in Skotland. Dit volg nadat Lamara Bell (25) vir drie dae langs haar lewensmaat in ʼn motorwrak vasgekeer was voordat die polisie op ʼn oproep wat hulle oor die ongeluk ontvang het, gereageer het. Bell is intussen in die hospitaal oorlede.

Bell en haar lewensmaat, John Yuill (28), was verlede Sondag in ʼn ongeluk langs die M9-snelweg betrokke. Die polisie het dieselfde dag ʼn oproep oor die ongeluk gekry, maar eers die Woensdag daarop reageer. Yuill was reeds dood en Bell was in ʼn kritiek toestand. Sy is Sondagoggend, presies ʼn week ná die ongeluk, oorlede.

Die hersiening is deur die Skotse regering versoek. Dit sal fokus op die maniere waarop oproepe aan die polisie hanteer word en sal samelopend wees met die ondersoek wat deur die Skotse kommissaris vir polisie-ondersoeke en -hersiening (PIRC) gedoen word oor die spesifieke ongeluk.

Bell se familie het intussen ‘n verklaring gesê hulle is “kwaad en gewalg” oor die manier waarop die Skotse polisie die saak hanteer het. Die paartjie word oorleef deur hul twee jong kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Poppie ·

Wonder of hul polisie lesse gekry het by die SA Polisie. Of kom hul dalk van Suid-Afrika af? Dit is n skande. Sy kon dalk geleef het. Hoop haar familie dagvaar die polisie

HEVW ·

Maroela is dit dan nou werklik nodig om nog buitelandse grusame lyding en die onverantwoordelikheid van polisie ook nog in ons kele af te druk. Hier by ons loop dit alreeds by ons ore uit.

JAV ·

Dis nie net Maroela nie, maar ook Netwerk 24. Vir die berig op Netwerk 24 sou jy moes betaal want jy het die berig hier gelees en sou waarskynlik daar ook. Niks dwing jou om dit te gelees het nie.!

SNEL ·

Miskien is dit goed dat ons dit lees, want ons almal dink die gras is groener in ander lande, en hulle het ook maar hulle dinge.

Pierre ·

Die nuus word geplaas in ‘n poging om te wys dat daar probleme in ander lande ook is. Wat waar is, maar dit is nie naastenby op die selfde skaal as in Suid Afrika nie.

Suid Afrika is ‘n Afrika derde-wereld land, vergelykbaar met plekke soos Zimbabwe, Nigerie, etc. Skotland is ‘n eerste wereld land, sulke goed gebeur miskien een keer ‘n jaar daar, terwyl dit daagliks in SA gebeur.

karin ·

Nou wonder ek net of niemand anders daar verby gery het ni…. wat van Netcare 911 of sulke dienste. En…. as dit nou dag 2 is, ry n mens net verby en sê… o golly me another day has passed…. lyk my meer mense is skuldig as net di polieste

Peet Schabort ·

Hier by ons het dit in Maart gebeur dat die polisie gebel is en ‘n week later het ek vir hulle gaan sê “dankie maar nee dankie dat julle ná ‘n week nog nie opgedaag het”.

Paplepel ·

Ek stop een Maandag by ‘n motorhawe in Honeydew. Die volgende oomblik is daar net Polisie met wapens. Die motorhawe eienaar word eenkant getrek en gevra waar die rowers is. Sy woorde; Hulle het ons Vrydag geroof, dis toe wat ek julle gebel het. Volgens die Poliesman het hulle eers die alarm so 5 minute van tevore gekry! Hulle het seker hulle opdragte per pos gekry…

zahn ·

Wel, hulle was darem nog in Juliemaand daar! En jou punt is? Mag die arme mense nie meer naweke gaan uitkamp met die voertuie na willekeur nie? Onthou, heel moontlik was al die voertuie Vrydag alreeds gepak vir die naweek se paartie toe die oproep ingekom het, en was Maandag eers weer beskikbaar. Eish, racist! Bloody agent! (Ek glo daar is iemand daar buite met ‘n humorsin..)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.