Vrou sterf ná vermeende haai-aanval in NZ

Die Waihi-strand op Nieu-Seeland se Noord-Eiland. (Foto: Unsplash)

ʼn Jong vrou (19) is dood ná ʼn oënskynlike haai-aanval by ʼn gewilde strand in Nieu-Seeland.

Plaaslike polisiebeamptes is Donderdag vroegaand na die Waihi-strand op Nieu-Seeland se Noord-Eiland ontbied ná berigte dat ʼn vrou in die water beseer is.

“Aanvanklike berigte het daarop gedui dat sy moontlik deur ʼn haai aangeval is. Sy is egter kort daarna op die toneel dood,” het die polisie intussen in ʼn verklaring gesê.

’n Nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van die vrou se dood bevestig.

Indien dit as ’n haai-aanval bevestig word, sal dit Nieu-Seeland se 25ste noodlottige haai-aanval in die geskiedenis van dié land wees en die eerste in sewe jaar sedert die dood van ’n 46-jarige man in Muriwai naby Auckland in 2013.

Waihi-strand staan bekend as een van Nieu-Seeland se veiligste strande hoewel verskeie haaie die afgelope paar jaar in die water opgemerk is waaronder ʼn haai van 3,5 meter in Februarie verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.