Vrou sterf toe dokters haar per ongeluk balsem

Ekaterina Fedyaeva (Foto: Daily Sun)

ʼn 27-jarige vrou is lewend gebalsem toe dokters haar tydens ʼn operasie per ongeluk op ʼn formaldehied-drup geplaas het.

Ekaterina Fedyaeva, van Rusland, is dood tydens die grusame mediese fout toe haar are vol van die chemikalie gepomp is, wat gewoonlik gebruik word om ontbinding te verhoed, het die UK Sun berig.

“Dis moord,” het haar ma, Galina Baryshnikova, gesê. “Dit het haar liggaam van binne verteer.”

Fedyaeva het verlede maand ʼn roetine-operasie by ʼn hospitaal in Ulyanovsk ondergaan toe dokters die fout begaan het. Formaldehied word ook as ʼn ontsmettingsmiddel gebruik, het die koerant berig.

Sy het twee dae lank pyn verduur voor sy uiteindelik in ʼn koma gegaan het.

“Haar bene het beweeg, sy het stuiptrekkings gehad, haar hele liggaam het gebewe,” het Baryshnikova verduidelik. “Ek het vir haar kouse, en toe ʼn kamerjas aangetrek, en ʼn kombers oor haar gegooi, maar sy het só gebewe dat ek dit nie kan beskryf nie.”

Fedyaeva was gekoppel aan ʼn lewensondersteuningsmasjien, maar sy het uiteindelik weens hart- en longversaking gesterf.

Baryshnikova voer aan dokters het geweet iets is verkeerd, maar hulle het geweier om haar te help. “Die mense wat geopereer het, het reeds geweet dat hulle iets verkeerd in die drup gesit het. Hulle moes dringend opgetree het, maar hulle het niks gedoen nie.” ʼn Dokter het uiteindelik die fout bely.

Fedyaeva is op 7 April begrawe en ʼn kriminele ondersoek duur voort, aldus die berig.

Die naam van die hospitaal is nie bekend gemaak nie. Dis ook nie duidelik watter operasie sy ondergaan het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Nancy ·

Formalien word in kadawers gebruik sodar dit nie stink nie. Die ander drup is souwater wat ontwatering keer.

Tragies

JM ·

Kla die doctors aan vir moord en sluit die hospital totdat daar genoeg nuwe personeel is om dit weer oop te maak.

Theresa ·

Ja, dis nie iets wat net verby kan gaan nie. Stem saam. En om te dink hul het geweet hul het iets verkeerd gedoen en haar net laat sterf…

HPV ·

Dit is nogal wat mens in Afrika se staatshospitale verwag, beslis nie in Rusland nie.

Gerhard ·

Nog een wat dink Rusland is ‘n bekaafde Westerse land. Julle moet meer lees. Die plek is ‘n Tweede Wereld land.

Nettie ·

@HPV, ek het dieselfde gedink, nogal – te verwagte in Afrika en selfs Suid-Afrika (met al die verdekselste Kubaanse ‘dokters’ hier), maar nie in Rusland nie, wat deesdae glo al hoe meer aan die voorpunt van ontwikkeling staan – op velerlei gebiede.

Foeitog, dit moes ‘n verskriklike dood gewees het …… Ek stem, die ‘verantwoordelike’ dokter of narkotiseur moet tot verantwoording geroep word!

HPV ·

Emile, ek sou sê, jou kennis van Rusland is beperk. Ons was al daar en kan getuig dit is tegnologies ‘n eerste wêreld anders as die derde wêreld waarin ons woon. Ek sal duisend keer liewer in enige van hul hospitale lê as in een van ons staats hospitale.

Denise ·

Onaanvaarbaar ek sal hulle laat betaal hulle sal slaaplose nagte he so n pragtige jong vrou sterkte aan haar moeder !!!! Sal ook graag wil weet is die dokters van Rusland ?????

jaco ·

Word dokters in Rusland dan ook, soos in SA, hoofsaaklik op regstellende aksie kriteria aangestel?

VanAfrika ·

Formalien veroorsaak die ergste pyn. As jong meisie en toe ek net begin werk het, het die kantoor meisies vir my gesê ek moet dit gebruik om my naels hard te maak. Dis wat hulle gedoen het en hulle het geglo daarin. Moes n oorpluisie in die bottle druk en dan as dit droog genoeg afgedrup het, het ons dan die n strepie oor die nael gesmeer. Maar behoede jou as daardie formalien aan jou vel raak, jy huil soos n baba. Vra my, ek het my naels gebyt as jong kind, deur dit het dit my naels versag en ek wou ook harde naels hê, toe ek die formalien aan smeer kon ek deur my naels die reaksie voel wat hierdie produk veroorsaak. Dis het baie koud gevoel en baie seer en dan het dit nie eers my vel geraak nie. Ek het geloop en my hande skud tot ek deur die pyn gekom het. Ek het die goed in die toilet afgespoe en dit nooit weer gebruik niel. Ek het vandag nog sagte naels en dankie tog vir acrylic naels.
Ek kan net dink die pyn wat hierdie vrou moes deurmaak terwyl hierdie vloeistof deur haar are vloei.

@ VAN AFRIKA ·

Skies as ek nou lag, die geval is verskriklik tragies en heeltemal ongevraagd, daarom hoop ek hulle slaag met ‘n reuse eis teen die hospitaal en personeel. MAAR ek moet se ek het lekker gelag vir jou opmerking oor die naels en “formalien” soos ons dit sommer genoem het. Ek het dieselfde oorgekom ..ek onthou hoe my vingers en naels gepyn het . dit het sommer so blou/pers kleur aangeneem, ek het in die aande met my vingers op ‘n kussing in die lug geslaap want ek kon nie waag om hulle te laat hang nie, dit het gevoel of al die bloed daar gaan vassit en dit behoorlik klop. Bly om te hoor ek was nie al stupid een nie.

Luister ·

Daar is naelversterker wat formalien bevat, te koop. Dit werk goed.

O aarde ·

Vreemd dat verpleegpersoneel tydens ‘n operasie ‘n FORMALDEHIED DRUP beskikbaar het in die teater? Duidelik word dit tog net op ontslapenes/kadawers toegedien of mis ek iets? Die drup moes glad nie daar gewees het so dat dit per ongeluk gebruik kon word op ‘n LEWENDIGE persoon nie .. nee o hemel .. dit is skokkend .. En ek dog hulle is net hier in SA useless.

Herman ·

Ja daai drup hoort in die avbob afdeling. Hoop nie dis gemene spel nie…

Pieter ·

Ek was baie jare terug in die chemikaliē bedryf en het een begrafnis ondernemer gehad wat die goed gekoop het. Selfs agter in ‘n sleepwa het die goed tot in die voertuig gestink. Kan nie glo hulle het nie geruik daar is iets fout nie.

Nico ·

Ek skat ook dit is fop-nuus die. Formalien word nooit in drupsakkies bemark nie maar in groot 20 of 25 liter kanne. Dit het ook ‘n skerp en kenmerkende reuk. Daar word ook nie ‘n drup opgesit as ‘n lyk gebalsem word nie. ‘n Goot bloedvat word oopgedissekteer en gekanuleer. ‘n Redelike groot volume balsam vloeistof (wat nie skoon formalien is nie) word dan ingepomp. Waarskynlik het daar iets anders fout gegaan by die operasie. Wees maar versigtig vir wat jy in ‘n Sun koerant lees.

Janee ·

Dankie Nico. Ek is bly om te sien ons Suid Afrikaners is nie almal so dom soos daar verwag word ons moet wees nie. Ek is beslis nie ‘n medikus nie, en tot ek het agtergekom hier is iets nie pluis nie . Lekker om te sien ons word nie almal uitgevang vir ‘n toffie nie.

Kaptein ·

Die akkurater storie is dat ‘n verpleegster ‘n wond per ongeluk met formalien skoongemaak het.

Duidelikheid uiteindelik ·

Dankie vir die duidelikheid. In kort hoe ek dit verstaan, haar shirurgiese wond was ‘skoongemaak’ per ongeluk met formalien, dit was nie in haar drup nie. Die skade op die wond was wel groot genoeg om haar dood te veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.