Vrou stuit krokodil met lepel en bakkie

Argieffoto (Miniformat65, Pixabay)

Argieffoto (Miniformat65, Pixabay)

ʼn Huisvrou in die oostelike deel van Indië het ʼn krokodil afgeweer met kombuisgereedskap, het beamptes Saterdag gesê.

Sabitri Samal (37) was Donderdag besig om in ʼn stroom naby haar huis in Orissa skottelgoed te was toe die yslike reptiel haar aangeval het.

“Die reptiel het haar regterbeen beetgekry, maar sy kon die aanval afweer,” het PK Pattnaik, senior bosboubeampte, telefonies uit Kendrapara gesê. “Sy beweer sy het die reptiel op sy voorkop en oë met ʼn aluminiumbakkie en houtlepel geslaan en hy het haar ná ʼn struweling laat gaan.”

Inwoners het Samal se hulpkrete gehoor en na die toneel gehaas. Hulle het haar na ʼn hospitaal geneem.

Volgens beamptes was daar al ʼn reeks krokodilaanvalle in die dorpies rondom Bhitarkanika-park. Twee inwoners is in die afgelope paar maande dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.