Vrou trek polisieman af oor spoed

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Polisiebeampte van Florida in die VSA was Donderdag uit die veld geslaan toe ʼn gewone landsburger hom afgetrek het omdat hy glo die spoedgrens oorskry het.

The Washington Post berig Claudia Castillo het die beampte in die Miami-Dade-distrik afgetrek en gekonfronteer. Sy het drie video’s van haar gesprek met die beampte op YouTube gedeel.

Op een van die video’s verduidelik die vrou aan die beampte dat sy gesien het hoe hy 90 myl per uur (sowat 140 km/h) gejaag het en dat sy besluit het om hom daaroor te konfronteer omdat sy glo persone in leierskapsposisies moet ʼn voorbeeld stel. Die beampte antwoord dan dat hy nie die spoedgrens oortree het nie, maar dat sy geregtig is op haar opinie.

Volgens The Washington Post het die Miami-Dade-polisiedepartement kort ná die voorval gesê die saak sal dadelik ondersoek word en sodra die beampte geïdentifiseer is, sal die nodige stappe gedoen word.

CBS Miami het die beampte as Daniel Fonticiella geïdentifiseer. Die nuusagentskap het verder berig dat John Rivera, president van Miami-Dade se polisie-unie, later gesê het Fonticiella sal nie oor die aangeleentheid aangespreek word nie aangesien daar geen bewyse is dat hy wel die spoedgrens oorskry het nie en hy hoflik en professioneel teenoor Castillo opgetree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willie ·

Hoe weet jy waarnatoe die polisie op pad is as hulle jaag? Dalk op pad om jou kind te gaan help wat in die moeilikheid is?

Regtig n simpel vrou hierdie.

Rienie ·

Ja of dalk is dit n wolf in skaapklere Elke ding het merite en hy het n bloulig vir n noodgeval Hoe dit ookalsy Hy was hoflik en ordentlik met die dame In Suid Afrika sou sy nie so gelukkig gewees het nie

Gerhard ·

Willie – As hy op ‘n noodgeval was sou en moet hy sy polisiesirene aangesit het. Ek persoonlik ken ‘n polisie beamte hier in Pta wat sy sirene aansit as hy nie in die verkeer wil sit soos gewone mense nie, dan moet mense maar gedwonge padgee vir hom net sodat hy vinniger by sy huis wil uitkom. Ek stem saam met Rienie, hier in Suid-Afrika sal dit groot moeilikheid wees sou jy dit probeer waag om so iets te wil doen, hulle sal jou maklik toesluit vir dwarsboming van die gereg en vining iets opdis om jou die skuldige te wil maak op die einde van die dag.

Linda ·

kyk hier in SA sal hy jou uithaal en glad nie so beleef wees nie

Griki ·

Kan ons nie ook maar sulke ordentlike polisiebeamptes kry nie? Ek haal my hoed af vir hom. Sowat van ordentlik kom jy nie elke dag teë nie, en beslis nie in SA nie!!

Dee ·

Jou hoed af vir hom? Nadat hy teen daardie spoed in die stad ry? Hy het nie geweet wie sy is nie en was bang omdat sy die guts gehad het. Sy mag die vrou van ‘n senior gewees het of dalk self ‘n heel senior possisie beklee het. Ek het self ook ‘n blanke polisieman in die teenwoordigheid van sy hoof uitgetrap oor spoed. Sy hoof het die uittrapsessie oorgeneem en ek het geglimlag en gery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.