Vrou val 6 verdiepings ver toe joga-toertjie skeefloop

Die foto van Alexa Terrazas se gewaagde jogaposisie wat wyd op sosiale media versprei is. (Foto: Twitter)

ʼn Mexikaanse vrou sal dalk vir jare nie kan loop nie nadat sy ses verdiepings ver geval het toe sy “ekstreme joga” op haar balkon gedoen het.

New York Post berig Alexa Terrazas (23) is steeds in ʼn kritieke toestand nadat sy Saterdag op die balkon van haar woonstel in Nuevo Leon in Mexiko in ʼn jogaposisie vir ʼn foto poseer het en toe op die sypaadjie te lande gekom het.

Sy het 110 bene in haar liggaam gebreek, onder meer haar arms, bene, heupe en skedel.

ʼn Foto wat deur Terrazas se vriendin geneem is enkele oomblikke voordat sy gegly en geval het, het sedertdien soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Op die foto kan gesien word hoe Terrazas onderstebo aan die balkon hang sonder dat sy haar hande gebruik om vas te hou.

El Imparcial berig dokters moes haar bene “herkonstrueer” en dit mag dalk drie jaar neem voordat sy weer sal kan loop. Mense het ook op sosiale media ʼn beroep gedoen op die publiek om bloed te skenk om haar te help, maar ʼn familielid het later op Twitter gesê dit is nie nodig nie.

Volgens berigte het bure gesê hulle het al voorheen gesien hoe Terrazas joga op haar balkon doen.

Maroela Media het verlede jaar berig ʼn studie het bevind altesaam 259 persone het tussen 2011 en 2017 wêreldwyd op verskillende maniere gesterf terwyl hulle selfies wou neem.

Die drie top-oorsake van sterftes was mense wat verdrink het, deur ʼn voertuig getref is of geval het. Wat betref voertuigverwante sterftes was dit gewoonlik iemand wat die perfekte foto wou kry voor ʼn aankomende trein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jiembo ·

110 bene gebreek! Hel, ek het nie eers geweet daar is so baie in n liggaam nie,

Harley ·

Daar is 206 bene in die menslike liggaam om presies te wees.

Harrie ·

Met al daai gebreekte bene en hope onnoselheid kan sy nou lekker en in enige rigting buig…

Piet ·

Miskien moet haar joga God nou ingryp. Net omdat dit joga is, maak dit nie enige verskil van bloot domgeit nie. En nou moet belasting geld gebruik word wat meer as 500 knieg of heupvervangings kon finansier…

ELMARIE ·

Sy het issues, die 3de x gaan dalk nie so lucky wees nie.

Santie ·

Twee in een berig , ek dink sy dit juis gedoen sodat haar vriendin n foto kan neem

MJ ·

Hoe dit ook al sy.. hoe seer moet dit wees om amper 54% van die bene in jou liggaam te breek. En sy is so jonk..

Wenner ·

Ek weet nie wat om hiervan te se nie. Aan die een kant het sy sekerlik vooraf geweet dat daar die geweldige risiko is, aan die ander kant het hierdie kind moontlik permanente skade opgedoen.

Grens ·

Ek dink sy het klaar permanente skade in haar brein gehad om so iets te doen.

carel van der westhuizen ·

Sy het kop gehou. Dis hoekom sy nog lewe.

Tjaart du Plessis ·

Daar is ‘n spesiale webwerf genaamd Darwin Awards vir diegene wat die gehalte van die menslike genepoel verbeter deur hulleself daaruit te verwyder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.