Vrou vas oor sewe babalykies

Die foto van Huntsman is deur die polisie beskikbaar gestel

Die foto van Huntsman is deur die polisie beskikbaar gestel

ʼn Vrou is in die Amerikaanse deelstaat Utah in hegtenis geneem nadat sewe babalykies in ʼn motorhuis gevind is.

Die Salt Lake Tribune berig dat Megan Huntsman (39) Maandag in ʼn hof in Provo verskyn het en dat sy borgtog van $6 miljoen (nagenoeg R62 miljoen) toegestaan is. Huntsman se eksman het die naweek op een van die babas se lykies in sy motorhuis afgekom waarna hy die polisie ontbied het. Die polisie het die ses ander lykies in kartonbokse gevind.

Volgens die polisie was al die babas voltermyn. Een van die babas was glo ʼn stilgeboorte terwyl die ander ses glo kort na geboorte doodgemaak is en in die kartonbokse gesit is. Die polisie vermoed dat die babas oor ʼn 10 jaar periode gebore is vanaf 1996.

Die huis waar die lykies gevind is behoort aan Huntsman se eksman se ouers. Huntsman het glo in 2011 uit die huis getrek. Haar drie dogters, tussen 13 en 20 jaar oud, woon steeds in die huis. Huntsman se eksman wou glo terugtrek in die huis in en het op die een babalykie afgekom terwyl hy besig was om die motorhuis skoon te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

sylvia ·

Ekt my boeglam geskrik toe ek haar gesig sien damm jys lelik hoe kan jy klein babas se lykies aan hou jy is sieklik man

Justi ·

Sjoe daardie gesig en oe se alles.

Hoop hulle sluit haar lewenslank toe. Sy is n monster nie n moeder nie.

Carlie ·

Is dit haar eie kindertjies? Maroela kan julle meer detail vir ons uitvind om dit? Dis ongelooflik hartseer en siek! Kan nie glo daar is sulke monsters daar buite nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.