Vrou vermoor weke ná sy by polisie kla oor aanhouding in houtboks

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Missouri in die VSA is doodgeskiet, drie weke nadat sy aan die polisie gesê het haar kêrel sluit haar in ʼn houtboks toe wanneer hy werk toe gaan.

Sky News berig dat Sandra Kay Sutton (46) en haar seun, Zachary (17), dood aangetref is in hul huis in Clinton. Die polisie soek intussen na Sutton se voormalige kêrel, James Horn jr. (47), in verband met die moorde.

Sutton het op 30 April aan die polisie gesê Horn het haar gereeld oor ʼn tydperk van vier maande in ʼn houtboks toegesluit. Horn is later van ontvoering en ander misdade aangekla, maar is sedertdien soek.

Die boks waarin Sutton glo aangehou is, is 254 cm lank, 114 cm breed en 132 cm hoog. Volgens Sutton het Horn haar met ʼn mes gedwing om saam met hom die boks te bou. Sy is glo in die boks toegesluit as Horn nie by die huis was nie. Hy het haar glo met sy terugkeer uit die boks gehaal en gedwing om met hom seks te hê.

Horn is ʼn geregistreerde seksoortreder weens skuldigbevindings in 1993. Hy is ook al skuldig bevind aan die ontvoering van sy vervreemde vrou en het 10 jaar gevangenisstraf uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Waarom is hy terug in die samelewing gelaat om net voort te gaan met sy sielsiek gedrag? Dis verskriklik!

CHRISTA ·

Kyk na al sy vorige misdade en hulle laat hom vry!!! Dit lyk my wetstoepassing in die VSA is so ‘n sirkus soos in ons land en hulle is kamma wêreldleiers!!! G’n wonder ons wêreld lyk soos dit lyk nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.