Vrou wat Mugabe glo beledig hoor oor borgtog

Martha O’Donovan. Foto: ANA

Die Amerikaanse joernalis wat in Zimbabwe in hegtenis geneem is nadat sy pres. Robert Mugabe glo beledig het, is op borgtog vrygelaat.

AP berig Martha O’Donovan, wat Mugabe glo as ʼn “siek en selfsugtige” man beskryf het, is op borgtog van $1 000 vrygelaat en moet Woensdag weer in die hof verskyn. Sy word van ondermyning aangekla.

O’Donovan, wat vir Magamba TV werk, is ook beveel om haar paspoort in te handig en om twee keer per week by ʼn polisiestasie aan te meld. Sy kan tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word indien sy skuldig bevind word.

O’Donovan is by haar blyplek in Harare in hegtenis geneem en was ʼn week lank agter tralies. Sy het die aanklagte teen haar as “ongegrond en kwaadwillig” beskryf.

Zimbabwe Lawyers for Human Rights, wat O’Donovan verteenwoordig, het gesê hulle het al nagenoeg 200 mense die afgelope paar jaar verteenwoordig nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle Mugabe beledig het.

O’Donovan se inhegtenisname kom slegs ʼn maand nadat Zimbabwe die departement van aanlynveiligheid op die been gebring het in ʼn poging om kritiek oor Mugabe op sosiale media te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sak ·

Absoluut geen erkenning van n person se reg tot Vryheid van Spraak nie. Ongelukkig voel dit vir my SA is op dieselfde spoor.

Leahim ·

Ek verstaan nie wie hy dink hy is nie maar ek wonder of hy weet die vsa is die land wat die meeste mielies vir Zim gee elke jaar tyd dat hy n les geleer word die ou siniele ou twak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.