AP berig Martha O’Donovan, wat Mugabe glo as ʼn “siek en selfsugtige” man beskryf het, is op borgtog van $1 000 vrygelaat en moet Woensdag weer in die hof verskyn. Sy word van ondermyning aangekla.
O’Donovan, wat vir Magamba TV werk, is ook beveel om haar paspoort in te handig en om twee keer per week by ʼn polisiestasie aan te meld. Sy kan tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word indien sy skuldig bevind word.
O’Donovan is by haar blyplek in Harare in hegtenis geneem en was ʼn week lank agter tralies. Sy het die aanklagte teen haar as “ongegrond en kwaadwillig” beskryf.
Zimbabwe Lawyers for Human Rights, wat O’Donovan verteenwoordig, het gesê hulle het al nagenoeg 200 mense die afgelope paar jaar verteenwoordig nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle Mugabe beledig het.
O’Donovan se inhegtenisname kom slegs ʼn maand nadat Zimbabwe die departement van aanlynveiligheid op die been gebring het in ʼn poging om kritiek oor Mugabe op sosiale media te monitor.
Absoluut geen erkenning van n person se reg tot Vryheid van Spraak nie. Ongelukkig voel dit vir my SA is op dieselfde spoor.
Sak, Ons is klaar daaren erger.
Ek hoop haar borgtog was in Zim dollars.
Een trillion nikswerd Zim Dollars!
Ek verstaan nie wie hy dink hy is nie maar ek wonder of hy weet die vsa is die land wat die meeste mielies vir Zim gee elke jaar tyd dat hy n les geleer word die ou siniele ou twak
Sak, Ons is klaar daaren erger.
Ag wie dink hy is hy