Vroue in Indië doodgeslaan oor ‘heksery’

Argieffoto

Argieffoto

Vyf vroue is Saterdag deur inwoners van ʼn dorpie in die ooste van Indië doodgeslaan nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle heksery beoefen.

Arun Kumar Singh, woordvoerder van die polisie in Ranchi, die hoofstad van Jharkhand, het gesê die vroue is blameer vir teëspoed in die dorpie, insluitend die dood van ʼn baba vroeër die week. Inwoners het die vroue uit hul huise gesleep en hulle met stokke en ysterstawe doodgeslaan.

Die polisie het 50 mense in hegtenis geneem wat glo deel was van die aanval. ‘n Groot getal polisielede is ook in die dorpie ontplooi om verdere geweld te voorkom.

Talle mense in verskeie dele van Indië glo steeds aan dié soort bygeloof en dit was die rede agter verskeie soortgelyke aanvalle op vroue in Jharkhand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.