Vroulike kerkleiers van Anglikaanse Kerk vra vroulike God

kruis_h07-cross_sunset-10.jpgVerskeie leiers van die organisasie Watch, wat hom vir vroueregte in die Anglikaanse Kerk in Brittanje beywer, het hulle die naweek uitgespreek ten gunste van die aanbieding van God as vroulik.

Sommiges het gemeen dat dit in die haak sal wees om dit “af en toe te doen.” Watch het die naweek sy kongres gehou.

Die voorsitter van Watch, Hilary Cotton, het aan die Sunday Times gesê die idee van ’n manlike God stam uit die tyd van die Romeine toe mans alles gedomineer het. Deur die tradisie voort te sit, word God gering geskat.

Volgens ’n woordvoerder van die kerk sal dit baie moeilik gebeur dat die kerk by hierdie gedagtes sal inval. Omslagtige prosesse en hersieningsprosesse moet gevolg word. Ons sal dus nie gou in die kerk hoor: “Ons Moeder wat in die hemel is…” nie.

Die volledige artikel kan in Trouw  gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gina ·

Hoe siek is die man nie. Hoe kan so iets gebeur. Dit selfs oorweeg. Daar is net EEN GOD en Geloof. Maar weet net GOD hou die werld DOP……Dan vra mense hoekom gaan dit so sleg met hulle. Hillary Coton jy en jou kerk is siek verby

Henkst ·

Deur die geskiedenis heen is daar ‘n skommelde aantal manlike sowel as vroulike gode. So is daar tallose argeologiese en historiese aanwysinge dat daar in die prehistorie tot so 7000 jaar gelede ‘n matriargale samelewing bestaan het waar die opperwese ‘n moeder was.

Malinda ·

Henkst dis aarde bestaan nog nie eerz 7000 jaar nie. En die Woord van God se duidelik n vrou moet stil wees sy mag nie kerkdienste lei nie. Em die mense moet net weet jy spot nie met God wat jou as mense geskape het nie.

Henkst ·

Ek vind dit verstommend dat so baie mense wat die Bybel as die absolute onfeilbare woord van God beskou, geen benul het van hoe die boek totstand gekom het.
Aartsbiskop Ussher se berekeninge dat die aarde op die 23 ste Oktober in die jaar 4004 v.C. geskape is beslis foutief.

Gideon Roos ·

Daar is geen bewyse in die Bybel wat ‘n jong wereld ondersteun nie. Ek het self ‘n indiepte studie van die Bybel gedoen en glo my, die argumente wat gedurig gelug word om hierdie aanteiging van ‘n jong wêreld te ondersteun het nie ‘n korrel sand om op te staan nie.

Hulle basseer hulle argument op die geskiedenislyn groot figure in die bybel, gevolg deur ‘n afsnypunt by die skepping. Hulle groot fout is dat hulle aanvaar die skepping was in 7 letterlike dae. Hierdie geloof word glad nie deur die Bybel ondersteun nie.

As ons kyk na die oorspronklike Aramese teks van Genesis, is die woord wat ons as dag vertaal ‘yom’. Yom beteken enige tydperk, dit word gereeld gebruikom maande, jare en termyne gelykstaande aan ‘fortnights’ te beteken. Daar is ook ‘n minder populêre gebruik as ‘van die begin af’. Verder beteken die Aramese woorde wat ons as sonsopkoms en sonsondergang vertaal eintlik slegs ”n begin’ en ”n einde’ onderskeidelik.

Buiten dit moet jy onthou dat die Jode hulle nie uitgespreek het oor die skepping van die wêreld nie. Die eerste gebruik van hierdie skeppingsverhaal is gemerk na hulle balingskap in Babylonië. Vir die duisende jare voor dit het hulle nooit gepraat oor hoe die heelal geskep is nie. Daar is ook sterk bewyse dat hierdie skeppingsverhaal ‘n aanpassing is van die Babyloniese skeppingsverhaal.

My punt is dus dit: Nie net toon wetenskap dat die wêreld BAIE ouer as 6 000 jaar is nie, maar die Bybel toon geen bewyse dat die wêreld 6 000 jaar oud is in die eerste plek nie. Dit is die mens se werk en verbeelding wat hierdie aanteiging tot stand gebring het.

HEVW ·

Hulle sal so n god vind, maar buite die Bybel. Intussen maak hul van die vrou n afgod………..en?

SNEL ·

Siek en skokkend. Ek stem saam met HEVW. Miskien moet ons juig en bly wees, dit is n beslis n teken dat die eindtyd naby is. Verwarring en vals profete. Maranatha!!!

Gideon Roos ·

Ek weet nie waar hulle sit nie, maar dis duidelik nie naby die pot nie. Daar is geen Bybelse ondersteuning vir hulle aanteiging dat God Vroulik is nie. Maar God is in elk geval geslagloos. Ons beeld hom as manlik uit aangesien geslagloosheid nie vir ons heeltemal klop nie, maar hy is ‘n geslaglose wese.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.