Verskeie leiers van die organisasie Watch, wat hom vir vroueregte in die Anglikaanse Kerk in Brittanje beywer, het hulle die naweek uitgespreek ten gunste van die aanbieding van God as vroulik.
Sommiges het gemeen dat dit in die haak sal wees om dit “af en toe te doen.” Watch het die naweek sy kongres gehou.
Die voorsitter van Watch, Hilary Cotton, het aan die Sunday Times gesê die idee van ’n manlike God stam uit die tyd van die Romeine toe mans alles gedomineer het. Deur die tradisie voort te sit, word God gering geskat.
Volgens ’n woordvoerder van die kerk sal dit baie moeilik gebeur dat die kerk by hierdie gedagtes sal inval. Omslagtige prosesse en hersieningsprosesse moet gevolg word. Ons sal dus nie gou in die kerk hoor: “Ons Moeder wat in die hemel is…” nie.
Die volledige artikel kan in Trouw gelees word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Hoe siek is die man nie. Hoe kan so iets gebeur. Dit selfs oorweeg. Daar is net EEN GOD en Geloof. Maar weet net GOD hou die werld DOP……Dan vra mense hoekom gaan dit so sleg met hulle. Hillary Coton jy en jou kerk is siek verby
Henkst dis aarde bestaan nog nie eerz 7000 jaar nie. En die Woord van God se duidelik n vrou moet stil wees sy mag nie kerkdienste lei nie. Em die mense moet net weet jy spot nie met God wat jou as mense geskape het nie.
Hulle sal so n god vind, maar buite die Bybel. Intussen maak hul van die vrou n afgod………..en?
Siek en skokkend. Ek stem saam met HEVW. Miskien moet ons juig en bly wees, dit is n beslis n teken dat die eindtyd naby is. Verwarring en vals profete. Maranatha!!!
Ek weet nie waar hulle sit nie, maar dis duidelik nie naby die pot nie. Daar is geen Bybelse ondersteuning vir hulle aanteiging dat God Vroulik is nie. Maar God is in elk geval geslagloos. Ons beeld hom as manlik uit aangesien geslagloosheid nie vir ons heeltemal klop nie, maar hy is ‘n geslaglose wese.