VSA al meer polities gepolariseerd – navorsing

Foto: Argieffoto

Foto: Argieffoto

Analiste se onlangse stellings dat die gevoelens tussen ondersteuners van die twee vernaamste politieke partye in Amerika na vyandskap aan die omsit is, blyk nie volkome verkeerd te wees nie.

In ‘n ontleding wat pas saam met die jongste Rasmussen-peilings versprei is, kom die bekende politieke ontleder prof. Alan I. Abramowitch, tot die gevolgtrekking dat ondersteuners van die twee partye, die Demokratiese Party en die Republikeinse Party, se negatiewe ingesteldheid teenoor die ander party die afgelope dekade skerp toegeneem het. Hy ontleed die data van verskeie studies om tot dié gevoltrekking te kom.

Hierteenoor het die beskouing van die eie party min of meer konstant gebly.

Abramowitch kom tot die gevolgtrekking dat hierdie toenemende afkeer aan die ander party daartoe lei dat kiesers baie meer geneig is om outomaties hul stem vir die eie party uit te bring.

Intussen het die jongste Rasmussen-peiling bevind dat net 29% van die Amerikaanse kiesers meen die VSA se beste dae lê nog voor. Dit is die laagste syfer nog. Op dieselfde dag het nog ‘n Rasmussen-peiling bevind dat net 25% van die Amerikaanse kiesers meen die VSA is in die regte rigting op koers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.