ʼn Dokter wat die ebola-virus opgedoen het terwyl hy in Sierra Leone gewerk het, is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Nebraska, Amerika.
Dr. Martin Salia (44), wat verlede Maandag met ebola gediagnoseer is, het Saterdag in Omaha aangekom by ʼn hospitaal waar twee vorige ebola-pasiënte al behandel is en uiteindelik gesond geword het.
Salia het in ʼn video op YouTube gesê hy glo sy werk is ʼn roeping en dat God hom gestuur het om die mense in Sierra Leone te help. Hy het verduidelik waarom dit vir hom belangrik is om by ‘n Christelike hospitaal te werk. “God sal my help, maak nie saak wat oor my pad kom nie,” het hy gesê. (Die video volg onderaan die berig.) Lees gerus ook die beskrywing onderaan die video.
Volgens die hospitaal is Salia moontlik sieker as die vorige pasiënte wat hulle behandel het, berig NY Daily News.
“Ons monitor die situasie uurliks,” het dr. Phil Smith, Salia se dokter, gesê.
Die Wêreldgesondheidorganisasie het op 14 November bevestig minstens 5 177 persone is reeds aan ebola oorlede. Van die 10 persone wat in Amerika behandel is, het slegs een gesterf. Klik hier vir meer besonderhede.
Lees alle vorige berigte oor ebola op Maroela Media.
Word gesond Dr. Salia! Hierdie Dokter het my in trane gehad. Ek bid vir Dr. Salia en as hy in God se hande is sal net die beste met hom gebeur. As hy leef, PRYS DIE HERE, as hy sterf het God ‘n awesome blom gepluk en sy nalatenskap met dit wat hy op die video gese het sal vir altyd in my gedagtes bly!
Ja, daai mense wat daar werk en help is helde en baie dapper mense. Dis jammer dat so iets met iemand gebeur wat net graag n verskil wou maak en hulle alles gegee het om te help, dis vreeslik wat daar aan die gebeur is en ek hoop hulle kry vinnig n middel wat dit kan stopsit.