VSA dokter sterf aan ebola

Dr. Martin Salia Foto: YouTube-video

Dr. Martin Salia Foto: YouTube-video

Dr. Martin Salia, wat vroeër gesê het hy voel “geroep” om met pasiënte in Sierra Leone te werk, is Maandag by ʼn hospitaal in Nebraska, Amerika, oorlede.

Salia (44), oorspronklik van Sierra Leone, was ʼn Amerikaanse burger en het in Maryland gebly. Hy is verlede Maandag met ebola gediagnoseer en het Saterdag by die Nebraska-hospitaal in Omaha opgedaag. Maroela Media het vroeër berig hy was in ʼn kritieke toestand. Volgens ‘n verklaring deur die hospitaal het sy niere reeds ingegee en hy is dadelik op dialise geplaas. Hy het ook asemhalingsprobleme gehad. Klik hier om meer te lees.

Salia het in ʼn video op YouTube gesê hy glo sy werk is ʼn roeping en dat God hom gestuur het om die mense in Sierra Leone te help. Klik hier om die video te sien.

Twee pasiënte wat vroeër by dieselfde hospitaal in Nebraska vir ebola behandel is, het gesond geword en is intussen ontslaan.

Die Wêreldgesondheidorganisasie het op 14 November bevestig minstens 5 177 persone is reeds aan ebola oorlede. Van die 10 persone wat in Amerika behandel is, het slegs een gesterf.

Lees alle vorige berigte oor ebola op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Nou wonder ek met sy vlug van Sierra Leone, met sy aankoms in die VSA; met hoeveel mense het hy in kontak gekom en hoeveel is nou ook besmet met die virus? Wat het geword van mediese personeel en mense wat daar help, dat hulle eers n ruk in afsonderring gehou moet word om seker te wees hulle het nie Ebola nie, voordat hulle terugkeer na hul huise toe. Klink my nie dit was hier die geval nie. Hierdie een geval kan maak dat VSA ook met n probleem op hulle hande sit.

Leeutjie ·

Snel, ja dit bekommer ‘n mens ne? Ai dis tragies maar hy is veilig nou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.