VSA-egpaar wen lotery drie keer in een maand

WPTV-Zatera-and-Calvin-Spencer_1396201227968_3904313_ver1.0_640_480Calvin en Zatera Spencer van Portsmouth, VSA,kan hul geluk nie glo nie na hulle in een maand meer as $2 miljoen in loteryspeletjies gewen het.

Twee weke gelede kon die egpaar ’n $1miljoen in die sak steek uit die wengeld van Powerball.

Die paartjie het op 26 Maart weer gewen toe Calvin tien kaartjies in die Pick Four aangeskaf en daarmee $50 000 losgeslaan het.

Uit hierdie wengeld het Spencer ‘n dag later ‘n kaartjie van die Cash Extravanagnza aangekoop, wat die egpaar pas nog $1 miljoen aan wengeld besorg het.

Calvin meen hulle het nog lank nie klaar gespeel nie.

Bronne: AP, The Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.