VSA en Kuba open nuwe ambassades

Foto: U.S. Department of State/Facebook

Foto: U.S. Department of State/Facebook

Die vyandskap van meer as 50 jaar tussen Kuba en die VSA blyk ʼn einde te nader.

Albei regerings het ooreengekom om ambassades in mekaar se lande te open – in Havana en Washington.

Pres. Barack Obama van die VSA sal dit vandag amptelik aankondig waarna geskikte ambassadeurs aangewys sal word. Die VSA het Kuba amptelik van die terrorismelys afgehaal en in April 2015 het Kuba se kommunistiese staatshoof, Raul Castro, met Obama in ʼn direkte gesprek getree in Panama-stad tydens die Amerikaanse spitsberaad.

Die VSA se skerp handelsverbod teen Kuba is nog steeds van toepassing, maar daar is duidelike tekens dat die twee lande wel verdere toenadering tot mekaar soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Die begin van die VSA se verdwyning in die vergetelheid. Alles wat onbybels is word nou aangehang. VSA was gewees.

Se maar net ·

Dit is wonderlik om te dink, hulle” sugar coat” alles vir die mense om goeie dade uit te wys!!
Maar wat is die ware bedoeling???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.