VSA en Rusland ruil gevangenes

Trevor Reed, die voormalige Amerikaanse seesoldaat (30 Julie 2020) (Foto: Dimitar Dilkoff/AFP)

Moskou het Woensdag gesê hy het die voormalige Amerikaanse seesoldaat Trevor Reed, wat in Rusland in aanhouding was vir aanranding op polisiebeamptes, vir die Russiese vlieënier Konstantin Yaroshenko uitgeruil. Yaroshenko is in die VSA skuldig bevind op aanklag van dwelmhandel.

Die uitruiling kom te midde van verhoogde spanning tussen Moskou en Washington oor Rusland se militêre bedrywighede in Oekraïne.

“Ná ʼn uitgerekte onderhandelingsproses is die Amerikaanse burger Trevor Reed, wat vroeër in die Russiese federasie gevonnis is, uitgeruil vir die Russiese burger Konstantin Yaroshenko, wat in ʼn Amerikaanse hof 20 jaar tronkstraf opgelê is,” het Maria Zakharova, Rusland se woordvoerder oor buitelandse sake, op Telegram gesê.

Reed, ʼn student en voormalige seesoldaat van Texas, is in Julie 2020 nege jaar tronkstraf opgelê nadat hy glo polisiebeamptes aangeval het toe hy onder die invloed van alkohol was. Toe hulle met hom na ʼn polisiestasie gery het, het hy glo die arm van ʼn polisiebeampte gegryp en dit het veroorsaak dat die motor geswenk het. Hy het die ander polisiebeampte glo in die maag met sy elmboog gestamp. Hy het skuld ontken en gesê hy onthou niks van die voorval nie.

Konstantin Yaroshenko is in 2010 in Liberië vir dwelmhandel in hegtenis geneem. Hy is daarna na die Verenigde State van Amerika oorgeplaas waar hy sedert September 2011 in aanhouding is. Hy is 20 jaar tronkstraf opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frank John ·

Vir dwelms handel behoort hy nie losgelaat te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.