VSA en vennote looi IS in Sirië uit lug

nelson mandela madiba amerikavlag halfstokDie VSA, bygestaan deur die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein, Saoedi-Arabië en Jordanië, het die eerste keer aanvalle op teikens van die IS in Sirië uitgevoer. Voorheen was die aanvalle op IS-teikens in die ‘kalifaat’ nog net in Irak uitgevoer.

Van die aanvalle is met missiele van skepe in die Middellandse See uitgevoer. Sowat 20 teikens rondom die Siriese stad Raqqa word aangeval, luidens beskikbare inligting.

Die IS was in die jongste tyd sterk in opmars in Sirië en het al meer gebied naby die Turkse grens ingepalm. Na raming het sowat 130 000 Siriërs, die meeste Koerde, na Turkye gevlug, wat vir die Turke ‘n klip in die maag is. Intussen het talle Koerde in Turkye weer gevra om teen die IS te gaan veg.

Sirië het erken dat hy vooraf oor die beplande aanvalle op IS-teikens op sy grondgebied ingelig is. Dié land het, anders as voorheen, sy samewerking aangebied.

Die IS het intussen teenoor Reuters aangedui dat dié organisasie sal wraak neem. Veral Saoedi-Arabië is uitgesonder wat “die skuld dra dat dit gebeur het”.

Meer inligting sal bekend gemaak word wanneer die aanvalle voltooi is.

Bronne: Trouw, Christian Science Monitor, De Standaard, Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.