VSA gereed om kinders teen Covid-19 in te ent

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Marvin Recinos/AFP)

Die Amerikaanse regering is gereed om kinders tussen die ouderdomme van vyf en 11 jaar vanaf volgende maand teen Covid-19 te begin inent.

Pres. Joe Biden se administrasie het Woensdag gesê hy het reeds genoeg voorraad opsy gesit en ’n vennootskap met 25 000 inentingspersele aangegaan, waaronder dokterskantore, hospitale, apteke en selfs skole, in afwagting op reguleerders se goedkeuring van die Pfizer-entstof vir kinders.

“Ons verwag die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid (FDA) en die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en voorkoming (CDC) se besluit oor die inenting van kinders tussen die ouderdomme van vyf en 11 jaar binne die komende paar weke,” het Jeff Zients, die Withuis se reaksie-koördineerder van die Covid-19-pandemie, vroeër vandag aan verslaggewers gesê.

“Ons weet dat miljoene ouers op die Covid-19-entstof vir kinders in hierdie ouderdomsgroep wag en ons is gereed om dosisse te begin toedien sodra die FDA en die CDC die entstof goedkeur.”

Die FDA sal na verwagting volgende week ’n paneel kundiges oor die kwessie byeenroep waarna die CDC sy besluit op 2 en 3 November sal neem.

Pfizer het ná afloop van kliniese toetse gesê die newe-effekte van ingeënte kinders tussen die ouderdomme van vyf tot 11 jaar is “oor die algemeen vergelykbaar met dié wat by deelnemers van 16 tot 25 jaar waargeneem is”.

Die algemeenste newe-effekte sluit in swelling op die plek waar die dosis toegedien is, asook hoofpyn en koors.

Die FDA het reeds die gebruik van die Pfizer-BioNTech-entstof vir kinders van 16 jaar en ouer goedgekeur. Die entstof mag ook sedert Mei in ʼn noodgeval aan kinders tussen 12 en 15 jaar toegedien word.

Kenners meen dit is noodsaaklik om kinders in te ent aangesien dit tot die bereiking van kudde-immuniteit sal bydra.

Sowat ʼn verdere 28 miljoen Amerikaners sal in aanmerking vir die entstof kom, sou die Pfizer -entstof vir die gebruik by kinders tussen die ouderdomme van  vyf tot 11 jaar goedgekeur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Rooikopheks ·

Daar is babas van ń paar weke oud tot ń paar maande oud wat covid-19 gekry het in ons eie land en wat die beste behandeling ontvang het en dit nie oorleef het nie.

VaalDonkie ·

Terloops Desire, babas word jonk gebore. Hulle is nie vyf tot elf jaar oud wanneer hulle uikom nie.

Rooikopheks ·

Haai, wat vertel jy my nou??? Dan sal jy seker besef dat al is hulle net ń paar weke oud hulle wel siek kan word.

VaalDonkie ·

Die great ding met ‘n baba is dat solank as wat hulle aan hul ma’s drink, die ma namens die kind teenliggaampies maak wat hulle deur die borsmelk inkry. Net die ma hoef die prikkie te vat en dan sal die kleintjie ook beskerm wees.

Gaan vra maar vir ‘n pediater hoe die goed werk.

Rooikopheks ·

Vir seker VaalDonkie, maar weet jy hoeveel mammas borsvoed nie? En daarvoor is ń pediater se mening nie nodig nie.

Jacob ·

Moontlik moet die VSA met aandag kyk na die Amish gemeenskap en ‘n les leer daaruit deur na hulle benadering tot Covid 19 en die positiewe gevolge daarvan vir die hele gemeenskap te kyk. Inteendeel, dit kan as ‘n les vir die wereld dien.

Wat die VSA en ander lande doen is skrikwekkend. Plaaslik kan kinders blykbaar volgens wet self besluit om die entstowwe te neem sonder die toestemming van hulle ouers. As ons dan nou sit met so ‘n volwasse klomp tieners, waarom mag hulle dan ook nie self besluit hetsy hulle wil rook en drink nie en sigarette en alkoholiese drank koop nie? Sekerlik is hulle dan ook volwasse genoeg om op 12 jarige ouderdom te kwalifiseer vir bestuurslisensies.

Lionel ·

@Jacob – kan sien jy het nie ‘n benul hoe basiese gesondheidswette werk nie… dit is al vir jare waar minderjariges die reg het tot noodsaaklike mediese hulp sonder ouer toestemming, soos aborsies, inentings, noodsaaklike operasie vir lewensgevaarlike toestand ens. Dis ‘n basiese mense reg, ongeag ouderdom.

Anel ·

Ek kan net my kop in ongeloof sud. Die wêreld het absoluut mal geword, geldmal, want dit is waaroor dit gaan. Mag en geld. Geen gevoel vir mense lewens nie. Sê maar verder niks!!!

Papsak ·

Los die ouers dit is hulle keuse of hulle hulle kinders in geent wil he of nie hoekom dit n moet maak dis nie nodig waar is menseregte dan heen

VaalDonkie ·

Niemand word gedwing nie. Jy is vry om die inspuiting te weier. Jy moet net jou werk en vrye beweging prysgee.

Erik ·

Is dit hartseer dat kinders se lewens gered kan word? Of verstaan ek jou verkeerd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.