In ’n nuwe studie wat pas in die vaktydskrif Science verskyn het, is bevind dat Amerikaanse riviere baie vinnig tot hul oorspronklike toestand herstel nadat damme afgebreek is. Visspesies soos salm migreer ook baie gou hoër op in riviere wanneer die obstruksies verwyder is.
Meer as 1 000 damme is reeds die afgelope 40 jaar om ’n verskeidenheid redes verwyder, en nog meer word beplan. Die damme word onder meer verwyder omdat hul diensbaarheid verval het, hulle toegeslik het, omdat hulle gevare inhou of ’n te groot negatiewe impak op die ekologie het.
Bron: USGS