VSA-hof verbied ras as faktor vir universiteitstoelating

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

Die Hooggeregshof van die VSA het Donderdag bepaal dat kolleges nie meer ras as ʼn faktor mag gebruik in hul toelatingsbeleide nie. Dié beleid het swart en Latyns-Amerikaanse studente tot voordeel gestrek.

Die hoogste hof se besluit kom in reaksie op hofsake wat die beleide van Harvard-Universiteit en die Universiteit van Noord-Carolina (UNC) betwis het dat rasbewuste toelatingsprogramme teen wit en Asiatiese aansoekers diskrimineer.

Regter Sonia Sotomayor het gesê “onverskilligheid jeens ras” bevorder nie gelykheid nie en het benadruk dat rasseongelykheid steeds in die VSA voortduur – insluitend by UNC en Harvard.

“Deur ras te ignoreer sal nie ʼn samelewing gelykmaak wat rasse-ongelyk is nie. Wat waar was in die 1860’s en weer in 1954, is vandag ook waar: Gelykheid verg ʼn erkenning van ongelykheid,” het sy gesê, met verwysing na die Amerikaanse burgeroorlog wat ʼn einde gebring het aan onderskeidelik slawerny en die burgerregtebeweging.

Die National Association for the Advancement of Colored People (NAACP), ʼn burgerregtegroep, het die hof se uitspraak veroordeel. “Hierdie is ʼn donker dag in Amerika,” het Wisdom Cole, nasionale direkteur van die groep se jeug- en kollegeafdeling, in ʼn verklaring gesê. “Regstellende aksie was ʼn baken van hoop vir generasies van swart studente. Dit het as ʼn kragtige mag gestaan teen die gif van rassisme en seksisme. Dit het ten doel gehad om die speelveld gelyk te maak met ʼn regverdige kans op hoëgehalte-onderrig vir almal.”

Chuck Schumer, meerderheidsleier in die Demokratiese Senaat, het ook die besluit veroordeel en dit as ʼn “reusagtige struikelblok” beskryf in die land se stryd na rassegeregtigheid.

Kevin McCarthy, Republikeinse speaker, het die uitspraak verwelkom. “Nou sal studente kan meeding gebaseer op gelyke standaarde en individuele meriete. Hierdie sal die universiteitstoelatingsproses baie meer gelyk maak en gelykheid onder die wet verseker,” het hy op Twitter gesê.

Oudpresident Donald Trump het Donderdag as “ʼn wonderlike dag vir Amerika” beskryf. “Dit is die uitspraak waarop almal gewag het. Die uitslag is wonderlik. Dit sal ons ook mededingend hou met die res van die wêreld,” het hy op sy Truth Social-platform gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Goldy ·

Wel die regering koppel als aan ras, ons moet net bont staan om te oorleef soos hulle die rasballe na ons gooi.

Althes ·

Dis tyd globaal om weg te beweeg van kriteria gegrond op ras.

Elke persoon sal sukses behaal as hy wil, ongeag of hy ñ voordeel het bo ander of nie.

Die raskaart raak afgesaag en uitgedien.

Althes ·

Daar is mense wie bo hul arm omstandighede uitgestyg het deur bloot deursettingsvermoë.

Marina ·

Ek woon tans in die VSA. Hierdie is n wonderlike uitspraak! Alhoewel swart Amerikaners slegs 13% van die bevolking uitmaak, veroorsaak hulle by verre die meeste probleme. Die “drop-out rate” op enige vlak vam opleiding is hemelshoog. Tot 75% van alle geweldadige misdade word deur hierdie groep gepleeg. Enkel moeders en afwesige vaders is deesdae hoogmode! En dan die alewige bakhand-kultuur. Hierdie groep bewerk hulle eie ondergang, maak nie saak waar in die wereld hulle is nie.

TheSnake ·

Ek kon in 60 jaar nog nooit verstaan hoekom wittes deur die hele wereld bly glo ons skuld die res! Oor ons wit is en hulle nie!!

George ·

En wie is in die meerderheid met skool skieters en skieters oor die algemeen? Blank, ek sal dit as een van die grootste probleme in die VSA beskryf.

Lourens ·

Ten spyte van die feit dat “skoolskieters” baie nuusdekking kry, weens die traumatiese aard, is dit steeds uitsonderlike gevalle.

Harley Davidson ·

Hoogtyd dat dit wêreld wyd verban word nou dat Afrika leiers promofeer dat hulle nie bedelaars is nie en nie hulp van eerste wêreld lande benodig nie.

Wondermaarnet ·

Kan SA nie ook hierdie voorbeeld volg nie, veral as dit kom by keuring om medies te gaan studeer? ‘n A-kandidaat word afgekeur om plek te maak vir ‘n C-D kandidaat.

Carel ·

Nie in afrika nie. “Meriete” is ‘n Westerse ding wat geen plek het in Afrika nie . . . slegs Victim Identity Politics word aangehits

Amelia ·

Is dit nie maar net nog n bewys sou nerens kom as dit nie is vir raskwotas nie Ek gun elkeen vir wat hy het as hy daarvoor GEWERK het en nie net in sy skoot geval he tnie

Lourens ·

“Hierdie is ʼn donker dag in Amerika,”
Hoe ironies . . .
NS – sal die opmerking geplaas word of, in die naam van polities-korrektheid, verwyder word?

Carel ·

VSA Regstellende Aksie het ’n situasie geskep waar ⅔ van universiteits studente vroulik (of minorities) is.
Vroumense (& minorities) kry beurse & studielenings + voorkeur toelating by tersiêre instellings.
Die diskriminasie teen blanke Amerikaanse mans het nou ’n situasie geskep waar >40% van Amerikaanse vrouens die broodwinner is.
Studies toon dat 45% van Amerikaanse vrouens tussen ouderdom 18 & 30 jr in 2030 ongetroud & kinderloos gaan wees, a.g.v. gebrek aan hubare mans.
Google “Dating Crises” in USA.
“Chris Williamson: The Shocking New Research On Why Men And Women Are No Longer Compatible! | E237”
Amerikaanse troues & BINNE-egtelike geboortes is die LAAGSTE in die geskiedenis van die VSA.
Hierdie hofsaak is dus bedoel om die Amerikaanse tradisionele Amerikaanse SAMELEWING te red van total sosiale verval.

Hendrik ·

Tukkies UP hoe nou met julle mediese student toelating deur raskwotas?

Johan ·

Onthou dat die medise wêreld soos n kartel funksioneer. Hulle wil nie meer bekwame dokters hê nie, alles word van bo beheer om die groot farmaseutiese bedryf te baat. Niks met ras te make nie, hul wil nie onafhanklike denkers bevorder nie, “gee die voorskrifte soos van jou verwag of bly stil”.

Mieke ·

Om ‘n kwaliteit saamgebring te bevorder is dit noodsaaklik dat net die beste besluite gemaak moet word. En dit deur diegene wat die beste dienste kan lewer. Wanneer daardie beginsels gevolg word, sal daar genoeg wees vir ieder en elk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.