VSA-kerkskietery: ‘Swartes neem die wêreld oor’

Dylann Roof. Foto: AP Photo/Chuck Burton

Dylann Roof. Foto: AP Photo/Chuck Burton

Dylann Storm Roof, die 21-jarige man wat daarvan verdink word dat hy nege mense doodgeskiet het in ʼn kerk in Charleston in die VSA, het glo aan ʼn vriend gesê swart mense neem die wêreld oor.

Roof was glo Woensdagaand vir langer as ʼn uur in die kerk voordat hy ses vroue en drie mans, waaronder die pastoor, doodgeskiet het. Volgens Gren Mullen, polisiehoof van Charleston, is Roof Donderdagaand vasgetrek.

Joseph P. Riley, burgemeester van Charleston, het die voorval as “suiwer gekonsentreerde boosheid” beskryf. Pres. Barack Obama het gesê die skietvoorvalle in Amerika moet tot ʼn einde kom. “Op ʼn sekere punt sal ons as ʼn land moet besef dat hierdie tipe massageweld nie in ander gevorderde lande gebeur nie,” het Obama gesê.

Die oorledenes is geidentifiseer as past. Clementa Pinckney (41), Cynthia Hurd (54), Tywanza Sanders (26), ds. Sharonda Singleton (45), Myra Thompson (59), Ethel Lance (70), Susie Jackson (87), ds. Daniel Simmons sr. (74) en DePayne Doctor (49).

Joey Meek, ʼn vriend van Roof, het die FBI in kennis gestel nadat hy hom herken het in kringtelevisiebeeldmateriaal. Volgens Meek het Roof onlangs ‘n Glock-pistool gekoop met geld wat hy vir sy verjaardag gekry het. Meek en Roof het glo ʼn paar weke gelede saam gedrink en Roof het glo begin gesels oor swart mense en gesê hy het ʼn plan.

Roof was voorheen in die tronk op dwelmverwante aanklagte en betreding. ʼn Foto op Roof se Facebook-blad wys hom in ʼn baadjie met die ou Suid-Afrikaanse vlag en dié van Rhodesië.

Meek het aan die Associated Press gesê hy en Roof was beste vriende in die laerskool, maar het kontak verloor en eers ʼn paar weke gelede weer kontak gemaak. “Hy het gesê swartes neem die wêreld oor. Iemand moet iets daaraan doen vir die wit ras. Hy het gesê hy soek segregasie tussen swart en wit. Ek het gesê ‘dit is nie hoe dit moet wees nie’. Hy het aangehou om daaroor te praat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Dis ‘n baie interessante voorval en in die lig van die rasse kwessies in Amerika die afgelope tyd, kan mens nie help om te wonder oor massa histerie nie. Die ironie is, mense kyk die punt geheel en al mis. Wat is aan die gang met Amerika se jongmense, hoe het hulle daar gekom en die mees belangrikste graag is: hoe dra die Illuminati/Nuwe Wêreld Orde deurdrenkte regering daartoe hy?

jacques ·

Berhalet ek glo niks meer as sulke dinge gebeur in die USA nie ales is beplande goed deur daai one world order waarvan jy praat.Die ene is seker nou weer om die rasse haat aan te blaas in die wereld en USA.

MARTIN ·

Gaan die nou weer afgemaak word as rassisme of gaan iemand dieper in die ding delf en dalk agterkom daar is iets fout op ons goeie ou aarde?

EMK ·

Obama is vekeerd met sy stelling dat die tipe massageweld nie in ander gevorderde lande gebeur nie – wat van onlangse moorde deur Muslems in Frankryk, waar klomp mense mosook net doodgeskiet is. Of is Frankryk na sy mening nie ‘n “gevorderde land” nie? Ek stem saam, die ou het beslis ander probleme as net dit wat rasgedrewe is. Volgens nuusberigte was hy voortdurend alleen in sy kamer – en sy pa koop hom toe sommer ‘n vuurwapen vir sy verjaarsdag! Hoe slim is dit?

pop ·

Dis wat gebeur as jy mense bymekaar gooi wat nie saam hoort nie. n Duisend jaar vorentoe gaan nie keer dat rasse haat bestaan nie. Onthou nou jare terug vir Kallie wat Ladysmith se strate ingevaar het en 6 doodgeskiet het.

Cathy Kotze ·

Ek is woedend omdat hierdie moordenaar die ou Suid-Afrikaanse en Rhodesia vlae op sy baadjie gehad het. Volgens die hele buitelandse media is dit simbole van wit oorheersing, sg “White Supremacy.”

Daardie vlae was nooit rassisties soos nou beweer word nie.

jacques ·

Daai photo van hom was mooi uitgesoek gewees vir die media om rasse haat hier ook aan te help.

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

I am particuarly directing my disatisfaction towards a certain EMK, you dare not speak about my President, in such a disrespectful manner. For your info he is, the Hon Mr. Obama, the President of the USA, and not just obama. You were taking his whole speech out of context coz you were listening selectively to his whole speech that came from the heart. He had referred to all the recent racial violence and intolerances that were in the USA, eclusively. Fourteen of them during his term in office. Something he reckons is, unprecedented and should not at all be tolerated in the US, and throughout the world. The offender has out and out been a racist do not make any lame excuses for him. If you do not know all the fact than I would suggest you keep quiet.

anton ·

Paulus Antonio…… nou wie de Josie dink jy is jy nou.? Wonder hoe verstaan jy Afrikaans? en wat laat jou dink jy kan jou ongevraagde kommentaar hier kom lewer.? Bepaal jou eerder by jou eie land se gemors en bly uit ons sake en kommentaar uit.! Geen wonder Amerika het so baie vyande in die wereld nie want hulle wil mos vir almal voorskryf wat om te doen en wat nie.
Jou land is eintelik vrot van binne en jy weet dit nie eers nie.!

Michiel ·

No one is making “lame excuses” for what this boy did. You seem to be a trouble maker on forums and I would hope that Maroela watch your comments as they are out of context and very irrelevant to the article. Not even newspapers (all over the world) address Obama in the way YOU think we should.

Dave ·

heheehahee… steeds werkende Veldmaarskalk, bedoel jy een van daai omkoop pakkette dat hy tog net sy ry kan kry? Dit is mos hoe die laaste van tyd met die Eskom CEO’s gedoen word – koop hulle om om te waai.

Veldmaarskalk nie ge- retire ·

DITSIM Dave – ‘n goeie begrip het ‘n halwe woord nodig! Soos gesê op ‘n ander plek “kaptein span jou seile…en seil weg. Ek stem 1000% saam met Sollie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.