VSA loods hommeltuigaanval op Isis-beplanner

‘n Lugskoot van die gebied rondom die Kaboel-lughawe (Foto: AFP)

Die VSA het Saterdag ʼn hommeltuigaanval op ʼn sogenaamde “beplanner” van die Islamitiese Staat (Isis) in die ooste van Afghanistan uitgevoer.

“Voorlopige aanduidings is dat ons die teiken uitgewis het,” het kapt. Bill Urban van die Amerikaanse sentrale kommando gesê.

Amerikaanse magte wat toesig hou oor die ontruiming van duisende mense by die lughawe in Kaboel is ná Donderdag se selfmoordbomaanval nou verplig tot nouer veiligheidsamewerking met die Taliban om nóg ’n aanval te voorkom.

Maroela Media het vroeër berig die selfmoordbomaanval naby die lughawe het die lewe van minstens 85 mense geëis. Dertien van die oorledenes was Amerikaanse soldate.

Meer as 5 000 mense wag intussen nog op die lughawe om voor die Amerikaanse sperdatum van 31 Augustus uit Afghanistan ontruim te word nadat die Taliban sowat twee weke gelede beheer oor die land oorgeneem het.

Die VSA het intussen ʼn nuwe waarskuwing aan Amerikaanse burgers by die lughawe uitgereik om die gebiede rondom die hoofhekke “onmiddellik” te verlaat.

Jen Psaki, pres. Joe Biden se perssekretaris, het by die Withuis gesê Amerikaanse nasionale veiligheidskenners meen nóg ’n aanval is “waarskynlik” en die volgende paar dae sal “die gevaarlikste tydperk tot nog toe” wees.

Bilal Karimi, woordvoerder van die Taliban, het op Twitter gesê die groep se vegters het reeds in dele van die militêre kant van die Kaboel-lughawe inbeweeg maar die Pentagon hou vol dat Amerikaanse magte beheer oor die hekke en ontruimings behou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Malan

Nou wat gaan word van buitelanders wat volgens Biden moet gee pad van die lughawe af? Gaan Biden hulle oorlaat aan hulle eie lot of aan die Taliban? Was dit hulle onnosel besluit of was dit Biden s’n?

Dup

Die wêreld sal ñ beter plek wees as alle vorme van terrorisme uitgewis kan word.

Dries

Die Yanks se grootste probleem is eiewaan en hul beheptheid met infrastruktuur.Die Afghans voel n veer vir basisse.As jy taliban wil wen,moet jy die taliban uitwis,nie sy basisse nie.Ja,daar dod n paar met n drone aanval,maar die res spaander en word net kwater.As Yanks wil wen moet hulle hullle koppe uit die wolke uitkry..Het Viëtnam hulle dan niks geleer nie.

Grassie

Amerika e onttrekking uit Afganistan was halsoorkop en swak beplan. Hulle het groot hoeveelhede wapens, voertuie en selfs helikopters net so gelos wat nou in die terroriste se besit is. Dit het meer na vlug as onttrek gelyk. Ook hul optrede by die lughawe is wanordelik. Maar dit is goed – nou kan die Yanks sien wat het hulle hulself op die hals gehaal toe hulle Biden as president gekies het.

Frank John

Hulle moet wakker word, die taliban is in oorlog en nie bang nie.