VSA loods lugaanvalle in Sirië

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Alex Brandon

Pres. Donald Trump van die VSA het opdrag gegee dat missielaanvalle uitgevoer word op ʼn lugmagbasis in die weste van Sirië in reaksie op Dinsdag se chemiese lugaanval. Dié basis is gebruik vir die chemiese aanval.

“Daar is geen twyfel nie dat Sirië verbode chemiese wapens gebruik het en sodoende sy verpligtinge ingevolge die konvensie rakende chemiese wapens verontagsaam het en die Verenigde Nasies se veiligheidsraad geïgnoreer het,” het Trump gesê.

Hy het bygevoeg die lugaanvalle is “noodsaaklik vir die belang van nasionale veiligheid van die VSA om die verspreiding en gebruik van dodelike chemiese wapens te voorkom”.

Meer as 50 Tomahawk-missiele is van twee Amerikaanse skepe in die Middellandse See afgevuur, het die Pentagon gesê. Die aanval het Vrydag omstreeks 04:00 in Sirië plaasgevind.

Volgens ’n anonieme bron in die Amerikaanse weermag wat met die nuusagentskap Reuters gepraat het, is die missiele deur twee skepe van die Amerikaanse vloot, die USS Porter en USS Ross, in die oostelike Middellandse See afgevuur. Minstens vier Siriese weermaglede is in die aanval dood en talle mense beseer.

Wladimir Poetin, Rusland se president, het die Amerikaanse lugaanval beskryf as “aggressie teen ʼn soewereine staat” en gesê dit is strydig met internasionale reg.

Numan Kurtulmus, Turkye se eerste minister, het egter die VSA se optrede verwelkom en gesê pres. Basjar al-Assad se regime moet gestraf word. “Ek hoop dat die aksie deur die VSA sal bydra tot vrede.”

Minstens 87 mense is dood in Dinsdag se chemiese lugaanval in die rebellebeheerde Idlib-provinsie. Die aanval het hewige internasionale reaksie uitgelok, met Amerika en ander lande wat die skuld op die Siriese regering pak.

Sirië se weermag het egter ontken hy was verantwoordelik vir die aanval. Rusland het beweer die Siriese lugmag het chemiese wapens wat aan die rebelle behoort, geteiken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kobus Hattingh ·

Bitterlik spyt dat ek Trump voorheen ondersteun het. Hy soek vir oorlog en gaan dit kry!

Kom Ons Boks ·

Ek voel jou pyn vriend, jy moes maar Clinton eerder ondersteun het. As Trump ondersteuner is dit wel verblydend dat Hillary ure voor die aanval ‘n versoek op die Trump goewerment gedoen het om die bepaalde lugmag basis in Sirie aan te val. Wat nou gedoen noudat die Republikeine en Demokrate saamstem oor die aangeleentheid? Lande wat tot dusver Trump goewerment ondersteun in aanval besluit op Sirie: Japan; Israel; Australie; en Turkye. Nee wat vriend, om niks te doen nie sou erger gewees het. Hiermee word mooi vir Rusland gese om hul klient in toom te hou.

Ange ·

Clinton sou dieselfde gedoen het. Amerika wil Sirie onstabiel he en hulle wil Assad uit he. Assad het geen rede gehad om sy eie mense the bom nie. Is dit nie verdag dat die Weste so kwansuis besorgd is oor die menseregte in Sirie nie, maar dit pla hulle glad nie dat die Uganda regering al duisende mans, vrouens en kinders wreed doodgemaak het nie? Die slagoffers in die nuutste bom aanval is net n verskoning vir Amerika.

Daars n Gesegde wat lui: Die linker en regtervlerk behoort aan dieselfde voel.

Gerhard ·

Assad en sy voorgangers is al lankal aardsvyande van die VSA. Natuurlik wil hulle hom uit die kussings haal. Maar om te se Amerika is besig on ‘n land wat reeds in n burgeroorlog is onstabiel te maak is belaglik. Trump kan maar net soos enige redelik mens sien dat Assad moet gaan on vrede in daardie land te kry.

Johann ·

Ek hou van ‘n man wat nie net rond praat en niks kom daarvan nie, President Trump doen uitstekende diens vir Amerika

Darius Els ·

VSA het na 8 jr weer n President,wat self diensplig gedoen het.Die muslim petroljoggie is nie meer daar om namens die terroriste te keer nie.

John ·

Jammer Trump, hulle het jou mooi ingebreek. Die Pentagon, FBI en Navo regeer. Koebaai.

Wat nou? ·

Trump krap waar dit nie jeuk nie. Hy is nou ook in hul sak.

tom ·

Laat dit n waarskuwing vir die Eff en die ANC wees trump se kannonne kan Ver skiet

Brie-brie ·

Wessel lees reg. Daar is 87 mense dood, nie 4 soos jy beweer nie. Dit was wel 4:00am in die oggend wanneer dit gebeur het.

ChrisH ·

Brie brie- Jy is die een wat moet reg lees. Die Siriese weermag het 87 mense dood gemaak in die chemiese aanval Dinsdag….dit is hoekom Amerika Sirie se weermag basise aangeval het
… dit is waar 4 dood is.

Niel ·

Ek het elders gelees dat hulle juis in die vroee oggendure daardie spesifieke basis aangeval het om die insfrakstraktuur tot niet te maak. Spesifiek juis om die dodetal to laag as moontlik te hou.

Darius Els ·

VSA het nog altyd oorloe aan gehits en ander moet as “coalitions”die gevegte doen.Gee VSA kans hulle skiet nog kanonne in.Moet ook maar hul gedurige ou skepe en vlootsoldate los en vir n slag n “landwaartse oorlogvoering” gebruik.Ooo!Hulle het mos nie veel ruggraat nie!Ekskuus.

Gerhard ·

Laas toe ek gekyk het was die oorlog al vir jare aan die gang. Miskien wil ou Donald dit nou net tot n einde bring.

HV ·

Is daar nog regtig mense wat die yanks glo? Sirië gebruik chemiese wapens teen sy eie mense (dit terwyl hy besig is om die oorlog te wen), Kan Assad regtig so onnosel wees. Vir my lyk dit na die selfde soort plan en uitvoering deur die yanks om n oorlog te regverdig soos hulle gemaak het in Irak sonder enige bewyse.

Gerhard ·

Assad wen die oorlog? Sonder die Russe was hy lankal bokveld toe.

jaco ·

as die rebelle wen en die nuwe regering van Sirië word, sal die land basies deur ISIS/Al Kaida geregeer word. Dan sal daar eers baie terreuraanvalle op Amerika wees. Die beste vir enige land, insluitend Amerika en Rusland, is om heeltemal uit hierdie konflik te bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.