VSA ‘oorweeg’ dit om TikTok te verban

TikTok se logo. (Foto: AP)

Die VSA se minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, het Maandag tydens ʼn onderhoud met Fox News gesê die VSA oorweeg dit om Amerikaners se toegang tot die Chinese kortvorm-video-app, TikTok, te beperk.

Dít volg ná kommer dat Beijing die app gebruik om onregmatig op gebruikers te spioeneer. Volgens Pompeo word verbruikers se inligting na bewering aan die Chinese regering in Beijing verskaf.

Nadat die joernalis Laura Ingraham vir Pompeo gevra het oor die moontlike verbanning het hy gesê dat hy en pres. Donald Trump die gerugte oor TikTok ernstig opneem.

Pompeo het gesê Amerika beoog tans om Chinese tegnologie plaaslik en in lande wat bande het met Amerika, te laat verban. “Ek wil nie die president vooruitloop nie, maar dis iets waarna ons kyk,” het Pompeo gesê.

Indië het reeds ná botsings met China die gewilde TikTok-app verban weens kommer oor nasionale veiligheid- en privaatheidsprobleme, terwyl ander lande soortgelyke maatreëls oorweeg.

In reaksie op Pompeo se onderhoud het TikTok aangedring dat hulle nie gebruikersdata met die Chinese regering deel nie en noue bande met die VSA het.

“TikTok het ʼn Amerikaanse uitvoerende hoof, met honderde werknemers en bedryfsleiers in veiligheid, sekuriteit, produk- en openbare beleidstellings hier in die VSA,” lui ʼn maatskappyverklaring aan die nuusagentskap, DPA.

“Ons het nog nooit gebruikersdata aan die Chinese regering verskaf nie, en sal ook nie indien ons daarvoor gevra word nie.”

Die sosialemediamaatskappy, wat deur die China-gebaseerde maatskappy ByteDance bestuur word, sê TikTok is nie beskikbaar in China nie en dat gebruikersdata buite die vasteland geberg word.

App Annie, wat selfoondata monitor, sê TikTok was die gewildste app in die eerste kwartaal van die jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Niks daar verloor. TikTok is ‘n klomp snert in allegeval. Verbaas Helen Zille het hom nog nie ontdek nie!

Simon ·

Eintlik moet alles wat uit China kom, verban word, maar ons plaaslike CCP-Regering sal dit mos nooit doen nie.

Andréas ·

Asb ook in SA die “CCP” se bedrywighede stop? Tot hede alle TikTok uittreksels wat ek van ander ontvang het dui op swak smaak (duidelik beide kante, jammer om te erken) en blyk eerder mense te inspireer om snaaks te probeer wees of ander na te boots. Enige sosiale media wat lande gebruik om privaatheid te skend is verkeerd en moet stopgesit word. Intelligensie departemente (met astronomiese begrotings) moet eerder werk skep deur ouer beproefde metodes te gebruik ten einde spioenasie, tereur en menseregtevergrype hok te slaan. Doen net jul werk reg…

Leon ·

Die VSA het groter probleme plaaslik om hulle oor China te bekommer. Daar is meer maatskappye in die VSA wat groter gevaar inhou vir hulle as die Chinese. Ongelukkig is hulle blind vir wat onder hulle neuse gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.