VSA op hete kole voor verkiesingsuitslag

In Oregon is die nasionale wag ontplooi om betogers in bedwang te hou. (Foto: ANA)

ʼn Skare ondersteuners van die Amerikaanse pres. Donald Trump – sommige gewapen – het Woensdag buite ʼn kiessentrum in Arizona saamgedrom ná gerugte dat stemme vir die Republikeinse president doelbewus nie getel word nie.

Die betogers, meestal sonder maskers, het “Stop the Steal” en “Count my Vote” buite die sentrum in Phoenix gedreunsing waar die demokrate se presidentskandidaat, Joe Biden, in hierdie stadium ʼn bitter skraal voorsprong het. Arizona word as ʼn belangrike kiesstaat beskou. Sommige mediahuise het Arizona in Biden se guns verklaar, maar Trump se kamp sê die stryd is nog nie verby nie.

ʼn Oorwinning vir Biden in Arizona gaan aan hom 11 stemme in die kieskollege verseker en dit sal ʼn reusehupstoot wees vir sy poging om sy plek in die Withuis te verseker. Dit gaan ook Trump se opmars aansienlik bemoeilik in ʼn staat wat hy in 2016 gewen het.

Fox News en Associated Press het Arizona op die aand van die verkiesing in Biden se guns verklaar, selfs al was net meer as 70% van die stemme toe reeds getel. Dit was ʼn stap wat Trump en sy adjudante woedend gemaak het.

ʼn Groot getal gewapende sheriffs het ʼn oog op die sowat 200 betogers gehou terwyl hulle “Shame on Fox” uitgeroep het. Sommige van die betogers sê hulle het na die stempunt opgeruk ná ʼn twiet van die aktivis Mike Cernovich.

Gerugte op Facebook dat stemme by die sentrum nie getel word nie omdat kiesers verkeerde penne gebruik het, het soos ʼn veldbrand versprei – maar plaaslike kiesbeamptes het dit ten sterkste ontken.

Betogers drom saam buite ‘n stempunt. (Foto: ANA)

In sommige sleutelstate word stemme nog getel, maar Trump het reeds die Demokrate daarvan beskuldig dat hulle die verkiesing probeer steel en regstappe is al in verskeie state oor die kiesproses aanhangig gemaak.

In Detroit het soortgelyke tonele afgespeel. ʼn Groep van sowat 30 betogers, die meeste van hulle Republikeine, is toegang tot ʼn kiessentrum wat hulle wou binnegaan, verbied ná bewerings dat die stemtellery daar bekonkel word.

Trump het in Michigan ook met regstappe begin om verdere stemtellery te verhoed.

In die stad Portland is talle polisielede en die nasionale wag intussen ontplooi nadat laataand-betogings daar handuit geruk het. Die polisie het beslag gelê op vuurwerk, hamers en ʼn geweer en het minstens 10 mense in hegtenis geneem in reaksie op wydverspreide geweld op die aand ná die verkiesing.

In New York is minstens 50 mense ook tydens betogings aangekeer.

Daar was betogings in verskeie ander stede, maar die meeste daarvan het vreedsaam verloop.

Intussen lyk dit of Biden al hoe nader aan ʼn oorwinning kom, selfs al het Trump homself vroeër al tot wenner verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

MrMagic ·

Is skokkend dat mense vir ‘n president kan stem wat skaars ‘n volledige sin kan sê sonder hulp.

Wakkerslaper ·

Jy verwys seker na biden, want Pres. Trump lewer gereeld toesprake sonder om veel indien enigsens van ‘n papier af te lees.

Francois Le Cochon ·

Verkeerd. Trump gebruik 2 teleprompters aan weerskante van hom as hy praat. (Dit lyk soos deursigtige skerms langs hom). Die teleprompter operateur skryf dan voor wat Trump moet se^.

Jaco ·

Joe Biden en die Demokrate beskuldig Trump gedurig daarvan dat hy teen immigrasie is. So ek hoop dat, as Biden president word, hy dit makliker sal maak vir veral wit Suid-Afrikaners om na Amerika te immigreer. As die Demokrate hulle mooi liberale holier than though houding oor menseregte ten volle uitleef, behoort hulle in elk geval met skok te reageer oor hoe wit mense in SA behandel word.

skyla ·

Jaco, as jy dink Biden gaan dit maklik maak vir wit Suid-Afrikaners om na Amerika te immigreer, het ek nuus vir jou! Gaan kyk bietjie na Joe Biden se 1986 speech TEEN wit Afrikaners en hoe hy ons haat!!

Keelvol ·

Biden voel niks vir die wit Afrikaner nie. Volgens hom le Hulle loyaliteit by die Swartes.

amapinki ·

Baie African Americans en Latinos se oë het oopgegaan vir die leuens van die Demokrate en het openlik gesê hulle ondersteun Pres. Trump. So ja, sy ondersteuningsbasis het definitief vergroot en hier is definitief ‘n gekonkel aan die gang. Waarom vat die finale uitslag so lank? Hulle is bedrieglik en skelm. Moenie vergeet die slegte verloorders wat die Demokrate was in 2016 dat hulle nou nog tantrums gooi oor Trump. So enigeen wat hulle eweskielik vertrou is net soos die Demokrate!

Yolandie ·

Die enigste manier wat die demokrate hier kan wen is om te konkel. Ek stem saam Trump moet dit betwis, as daar geen gekonkel/ongeruimdthede was sal die uitslag mos dieselfde wees as wat dit tans verklaar word. Kom ons hou sake dop. Trump het ongekende steun gehad en ek ruik n rot.

Niklaas ·

Mens raak geneig om hierdie gerugte van kullery en desperaatheid te glo , veral as jy sien hoe CNN (die hoof Trump haters) hul anti Trump berigte die wereld instuur , ‘n aantal kere per dag nogal. Die media is magtig en kan iemand soos Biden ver bo sy werklike waarde poleer en oplig.

Wakkerslaper ·

Die links-liberale medie het ook bitter hard probeer om deur sg. peilings mense te breinspoel om te glo dat die Demokrate met ‘n oorgrote meerderheid gaan wen…. wou hulle hiermee mense ontmoedig om vir Pres. Trump te stem?

Villie ·

Niklaas, ek het ‘n vermoede dat CNN almal vir Trump gestem het, want as Biden wen gaan hulle moet toemaak en gaan almal hulle werk verloor. Trump is nie meer daar om 24/7 te gekritiseer te word nie. Waar gaan hulle “nuus” kry?

Andrew ·

Passop, die “intolerance” van die progressiewes word net meer en meer haatlik en geweldadig, en daai nonsense spoel oor op ons TV’s. Dat het het jy die SA millinials wat aangaan of dit nog 1976 is, duidelik is aparheid nog lewendig. Of Trump wen of nie, die lot welsyn millinials gaan oor 4 jaar nog meer wees en nog meer geweldadig breek en hulle haatlike emosies teenoor ander se kinders en ou mense uithaal. Ongelukkig het die sosialisme trein die stasie verlaat en gaan die VSA net verder n welsyn staat almal behalwe vir blanke mans word.

Politikus ·

Baie bly om te sien Trump sien sy alie…sy gedrag spreek van ‘n suurknol verloorder

Wakkerslaper ·

Ag asb! Tipiese links-liberale opmerking. Pres. Tump het BESLIS nie sy “alie” gesien nie. Inteendeel, hy en die Republikeine het MEER steun as ooit gekry! Hulle het setels in die senaat GEWEN, nie verloor nie. Pres. Trump het state GEWEN wat hy vlg liberale media ver sou verloor.

Wakkerslaper ·

Ek ruik ‘n links-liberale rot! Hoe is dit moontlik dat Pres. Trump gemaklik voor loop in die meeste state maar sodra die pos-stemme getel word wen biden skielik die meeste stemme? Tot 70% van pos-stemme gaan vir biden…? Hoe is dit moontlik?

Adam Adriaan ·

Waar linkse liberale kommuniste betrokke is sal jy altyd korrupsie kry, want sonder korrupsie kan hulle nie vooruitgaan nie en kan hulle nie bestaan en opereer nie. Dit is waarom die media wat hulle ondersteun, ook hier in SA so van die wa af is. Meeste van hulle joernaliste is “waist full idiots” soos wat dit in Rusland se KGB terme genoem word.

Aai ·

Dit is net onmoontlik dat Trump skielik geen nuwe stemme kry maar Biden hou aan tel as julle nie ‘n rot kan ruik dan weet ek nie en almal is in die pos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.