
Argieffoto
ʼn Filiaal van Al-Kaïda het glo verantwoordelikheid aanvaar vir ʼn missielaanval op ʼn Amerikaanse lugmagbasis in Jemen Donderdagoggend.
Die filiaal het op sy amptelike Twitter-profiel gesê die Al-Annad-lugmagbasis, in die suide van die land, is met ses missiele aangeval. Die aanval is uit weerwraak vir ʼn Amerikaanse aanval op die groep se skuilplek oor die naweek, waarin tien ekstremiste dood is.
Die aanval deur die VSA-regering was ʼn mislukte reddingspoging om ʼn Amerikaanse gyselaar, Luke Somers, te bevry. Beide Somers en die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat saam met Somers gyselaar gehou is, is tydens die aanval dood. Lees meer hier.
Die wraakaanval is nog nie amptelik bevestig nie. Dit is ook nie bekend of enigiemand in die ontploffing beseer is nie. Ooggetuies het egter gesien hoe beseerdes na hospitale geneem word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ek hoop Amerika vernietig die wrede moslem-gemors.
Boikot ook sommer alle moslem besighede.
@zahn, Daar is tog van die normale Moslems wat iets aan die ekstremiste probeer doen. Lees ‘n bietjie op oor van die redes hoekom van die olie produserende lande die lae olie prys verwelkom. Minder profyt aan die ISIS beheerde olie baronne. Minder geld, minder twakmaak. Toegegee, dit is maar net een van die vele redes hoekom die prys so laag is. Die troos is dat daar wel van hulle is wat iets probeer doen.
Miskien dink alle Moslems nie dat dit hulle verantwoordelikheid is om ander Moslems se gedrag te beheer nie, net soos wat dit nie my verantwoordelijheid is om ander Christene se gedrag te beheer nie. In elk geval, dit is baie moeilik vir ordentlike, gewone mense om op te staan teen kriminele met masjiengewere en missiele – dit is die werk van regerings met weermagte. Die probleem is, die Weste het die regerings in die Midde Ooste vernietig – nou is daar geen regerings om op te staan teen die baddies met die gewere nie. Die balans is heeltemal versteur. Maar… Lees meer »
Zahn, volgens Wikipedia is daar 654,064 Moslems in SA