VSA-reddingspoging in Jemen: Al-Kaïda neem wraak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Filiaal van Al-Kaïda het glo verantwoordelikheid aanvaar vir ʼn missielaanval op ʼn Amerikaanse lugmagbasis in Jemen Donderdagoggend.

Die filiaal het op sy amptelike Twitter-profiel gesê die Al-Annad-lugmagbasis, in die suide van die land, is met ses missiele aangeval. Die aanval is uit weerwraak vir ʼn Amerikaanse aanval op die groep se skuilplek oor die naweek, waarin tien ekstremiste dood is.

Die aanval deur die VSA-regering was ʼn mislukte reddingspoging om ʼn Amerikaanse gyselaar, Luke Somers, te bevry. Beide Somers en die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat saam met Somers gyselaar gehou is, is tydens die aanval dood. Lees meer hier.

Die wraakaanval is nog nie amptelik bevestig nie. Dit is ook nie bekend of enigiemand in die ontploffing beseer is nie. Ooggetuies het egter gesien hoe beseerdes na hospitale geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Loekie Lourens ·

Ek hoop Amerika vernietig die wrede moslem-gemors.
Boikot ook sommer alle moslem besighede.

zahn ·

Hallo Loekie, een kant van my wil met jou saamstem, maar die ander kant laat my besef, alle Moslems is nie dieselfde nie. Dis net so erg om te sê dat as een Christen moord kan pleeg, alle Christene dit doen. Onthou, ons het hier met ‘n groep ekstremiste te doen, en hulle doen in werklikheid die naam Moslem, ‘n oneer aan. Uit respek vir hulle, die toegewyde aanbidders aan beide kante, gebruik ek hoofletters.
Wat my egter dwars in die krop steek, is die feit dat daar soveel Moslems is wat nie ekstremiste is nie, wat baie gou vir jou sal sê: Ons is nie almal so nie! Maar hierdie ouens doen ook niks daaraan nie. Dit blyk aanvaarbaar te wees as ‘n Moslem (ekstremis) sy geloof se naam deur die modder sleep, maar boeta, maak jy as ‘n andersgelowige net ‘n aanmerking, dan word jy vanuit alle oorde aangevat. En intussen probeer die wye wêreld iets aan die ekstremiste doen. Het jy al iewers iets gelees van die Moslemlande wat saamstaan om iets aan die ekstremiste te doen wat hul geloof so afbreek? Wel, ek het nog nie. Ek hoop ek krap nou ‘n stink blik hier oop, sodat hierdie punt meer bespreek kan word.

Canned Phantom ·

@zahn, Daar is tog van die normale Moslems wat iets aan die ekstremiste probeer doen. Lees ‘n bietjie op oor van die redes hoekom van die olie produserende lande die lae olie prys verwelkom. Minder profyt aan die ISIS beheerde olie baronne. Minder geld, minder twakmaak. Toegegee, dit is maar net een van die vele redes hoekom die prys so laag is. Die troos is dat daar wel van hulle is wat iets probeer doen.

zahn ·

Dankie vir jou terugvoer. My volgende argument gaan wees dat nie alle Moslems oliebaronne is nie. In SA alleen is letterlik miljoene, en al wat ons van hulle hoor is teenkanting teen Israel. Het dit nie tyd geword vir Moslems, oor die algemeen om hul geloof te probeer beskerm en hierdie ekstremiste aan te vat nie? Die dawernede stilte van hulle kant af maak mens se ore seer.

Charl ·

Miskien dink alle Moslems nie dat dit hulle verantwoordelikheid is om ander Moslems se gedrag te beheer nie, net soos wat dit nie my verantwoordelijheid is om ander Christene se gedrag te beheer nie. In elk geval, dit is baie moeilik vir ordentlike, gewone mense om op te staan teen kriminele met masjiengewere en missiele – dit is die werk van regerings met weermagte. Die probleem is, die Weste het die regerings in die Midde Ooste vernietig – nou is daar geen regerings om op te staan teen die baddies met die gewere nie. Die balans is heeltemal versteur. Maar wanneer Amerika of Brittanje dink daar is n olietjie of n geldjie te kry, is daar geen logiese denke oor die gevolge van hulle dade nie. So le die skuld by die regte mense en laat hulle die verantwoordelikheid dra vir wat hulke gedoen het. Die res vsn ons gaan vir die volgende 50 jaar die gevolge dra. Dit is nie die veranwoordelikheid van die man op straat, Moskem of Christen, om regerings se gemors reg te mask nie.

zahn ·

Die gemene deler hier is dat ALLE Moslems hul geloof ernstig opneem, en geen steen onaangeroerd laat as daar iets gesê of gedoen word teen hul geloof nie. My punt hier is nog steeds, hul stilswye hier dui op verdraagsaamheid teenoor die ekstremiste.

Charl ·

Soos wat ons stilswye oor die Amerikaanse en Britse oorname van Afghanistan en Irak, met die gevolglike sterfte van honderde duisende siele, vroue en kinders insluitend, op verdraagsaamheid teenoor barbaarsheid dui. Dink jy regtig die mense in Afghanistan en Irak is bly omdat hulke families en vriende deur Amerikaanse koeels en bomme uitgewis is, hulle infrastruktuur in flarde geblaas is, en hulle nou uitgelewer is aan ISIS? Nou moet hulke opstaan en iets se teen ISIS? Sodat hulke vannag vermoor kan word? Get real, Zahn. Die Amerikaners het hierdie gemors veroorsaak, laat hulle verantwoordelikheid dra.

As Pierre Korkie en die Groenewalds gesonde verstand aan die dag gele het, en hulle by hulle eie sake gehou het en nie in lande ingegaan het waar hulle nie welkom is nie, was hulle vandag nog lewendig. En nee, ek se nie die Groenewalds en Korkies is slegte mense nie, net baie naief. En as hulle nie naief was nie, maar geweet het waarvoor hulle hulle inlaat, is die gevolge iets wat hulle moes voorsien.

En jou veralgemening dat “Alle Moslems” hulle geloof ernstig opneem en “geen steen onaangeroer laat nie” is oordryf. Baie Moslems, soos baie Ghristene, is louwarm in die geloof. Die fanatici sal geen steen onaangeraak laat om hulle geloof te verdedig nie, die oorgrote meerderheid sal nie uit hulke pad gaan om iets te se of doen nie. Nes die res van ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.