VSA, Rusland kondig skietstilstand in Sirië aan

John Kerry, Amerikaanse minister van buitelandse sake en Sergey Lavrov, Russiese minister van buitelandse sake, tydens 'n perskonferensie op 9 September 2016 in Genève waar hulle die krisis in Sirië bespreek (Foto: Kevin Lamarque/Pool Photo via AP)

John Kerry, Amerikaanse minister van buitelandse sake en Sergey Lavrov, Russiese minister van buitelandse sake, tydens ‘n perskonferensie op 9 September 2016 in Genève waar hulle die krisis in Sirië bespreek (Foto: Kevin Lamarque/Pool Photo via AP)

Die Verenigde State van Amerika en Rusland het ʼn deurbraakooreenkoms oor Sirië aangekondig wat ʼn nasionale skietstilstand sal verseker wat Maandag begin, gevolg deur ʼn onverwagse nuwe militêre vennootskap ʼn week later wat die Islamitiese Staat-groep en Al Kaïda-militante teiken.

Die ooreenkoms wil ook beperkings plaas op pres. Bashar al-Assad se magte en nuwe vloei van noodsaaklike humanitêre noodhulpverligting.

Dié besonderhede is vroeg Saterdag bekend gemaak toe John Kerry, Amerikaanse minister van buitelandse sake, en Sergey Lavrov, Russiese minister van buitelandse sake, uit nóg ʼn maratonvergadering in Genève gestap het in ʼn poging om Sirië se verwoestende oorlog te beëindig.

Die moontlike deurbraakooreenkoms steun op al-Assad se Russies ondersteunde magte en Amerikaans ondersteunde rebellegroepe, asook streeksmagte soos Turkye, Iran en Saoedi-Arabië wat die afgelope vyf en ʼn half jaar direk of indirek betrokke was in Sirië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louw ·

Dit is net oëverblindery om die Demokratiese party beter te laat lyk vir die opkomende verkiesing. Dit sal nie lank duur nie, Amerika ondersteun die rebelle en Rusland ondersteun die regering, nie een sal skielik hul steun omswaai nie, en Obama het al bewys dat hy eintlik Iran en Assad begunstig alhoewel daar bewys even is dat Assad chemiese wapens gebruik teen rebelle en private mense.

John ·

Louw, jy’s reg, amper, want die gebruik van chemiese wapens (ook teenwoordig in ander Westerse lande se laaikaste en nog veel erger wapens) is ‘n fabrikasie van die VSA wat deur RT bewys is met foto’s waarin die karakters en agtergrond in verskillende gebeure en op ander datums ooreenstem… Dus gedokter. Dis ook hier waar alles begin het. Kyk hoe lyk Irak en omtrekke. Ook met die VSA se toedoen. Hierdie soort verdagmakery is ook destyds in SA gevolg. Die vrede sal nooit ooit weer in daardie geweste gedy nie en dit op Israel se agterstoep. En as Hillary…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.