VSA-sanksies teen Iran binnekort verskerp

Janet Yellen, die Amerikaanse minister van finansies (Foto: Saul Loeb/AFP)

Janet Yellen, die Amerikaanse minister van finansies, het Dinsdag gewaarsku dat verdere sanksies teen Iran binnekort ingestel gaan word.

Dit kom ná Iran se ongekende oornag-aanval op Israel die naweek.

“Ek verwag dat ons in die komende dae bykomende sanksies teen Iran sal instel,” het sy gesê nadat die lentevergaderings van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank hierdie week in Washington begin het.

Volgens Yellen sal die tesourie nie huiwer om met Amerikaanse bondgenote saam te werk om hul sanksiegesag te gebruik “om die Iranse regime se kwaadaardige en destabiliserende aktiwiteite te ontwrig nie”.

Maande se oorlog tussen Israel en die Palestynse militante groep Hamas in Gaza het tot geweld in die streek gelei wat Iranse gevolmagtigdes en bondgenote betrek het wat sê “hulle het opgetree ter ondersteuning van Palestyne in die Gaza-strook”.

(Foto: Morteza Nikoubazl/NurPhoto/AFP)

Maar spanning het selfs hoër gestyg met Teheran se eerste direkte aanval op Israel, in weerwraak op ʼn dodelike aanval op Iran se konsulaat in Damaskus in Sirië.

Dié aanval het tot ʼn beroep op de-eskalasie gelei deur wêreldleiers wat selfs groter konflik vrees.

Yellen het in ʼn perskonferensie gesê dat Amerikaanse owerhede ekonomiese instrumente gebruik om Iran se aktiwiteite teë te werk.

“Iran se optrede – van die naweek se aanval tot die Houthi-aanvalle in die Rooi See – bedreig die streek se stabiliteit en veroorsaak ekonomiese onstuimigheid,” het sy gewaarsku.

Sy het nie te veel besonderhede oor die sanksies gedeel nie, maar dit wel duidelik gemaak dat Washington daaraan werk om Iran se vermoë om olie uit te voer te verminder en dat daar “meer kan wees wat ons kan doen”.

Yellen het ook Amerikaanse prioriteite tydens die lentevergaderings uiteengesit, insluitend die verdieping van bande met bondgenote en besprekings met China oor kwessies soos die risiko’s van oormatige nywerheidskapasiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Deon ·

Hoekom ook nie sanksies teen ‘Israel’ nie na die ongekende aanval op die Iranese konsulaat sowel as die kwaadaardige en destabiliserende aktiwteite van die joodse staat die afgelope 70 jaar? Die diskressielose bombardering van die Palestynse burgelikes het eintlik aanleding gegee tot die betrokkendheid van ander state. Nabykans 6 maande kan ‘Israel’ nie sy doelwit haal om Hamas uit te wis nie en raak nou desperaat. Daarom die oorlog uitlokkende aanval op die konsultaat en die moord op die Hamas leier se kinders. Dit het nou geboemerang en ‘Israel’ is deur Iran, wat volgens alle internasionale norme opgetree het, verneder.

Alta Alleman ·

Neem asb kennis dat n gebou LANGS die konsulaat gebombadeer was en die die konsulaat self nie.
Iran wil bomme gooi maar waarsku dat Isreal nie terug mag baklei nie. Dit was dié einste Iran wat in Oktober gehelp het om Isreal aan te val.

Alta Alleman ·

On 1 April 2024, an Israeli airstrike destroyed the Iranian consulate annex building adjacent to the Iranian embassy in Damascus, Syria, killing 16 people, including a senior Quds Force commander of the Islamic Revolutionary Guard Corps (IRGC), Brigadier General Mohammad Reza Zahedi and seven other IRGC officers.

Manie ·

Iran het met die aanval op Israel baie inligting bekom. 1. Hulle het ‘n verskeidenheid van ammunisie op Israel afgevuur en al is 99% afgeweer, weet Iran nou presies vanwaar en deur wie die afwering gekom het, asook hoe doeltreffend hulle aanval en die afweer daarvan was. 2. Iran het waarskynlik hulle eerste linie ammunisie afgevuur en sou seker nie so onnosel gewees het om hulle mees tegnologiese ammunisie af te vuur nie. 3. Israel moet nou baie mooi dink voordat hulle oorhaastig optree, want dit sal nog meer inligting weggee.

Republikein in die Wes Kaap ·

Manie, Iran het meer inligting weggegee oor hul eie beperkte vermoëns en opgeblaasde egos. Sateliete monitor alles. Indien die aanval wel ‘n sukses was sou Israel al Sondag teruggeslaan het met ‘n massiewe aanslag. Indien Israel werklik in ‘n hoek was sou hulle kernwapens gebruik het. Poetin is seker suur oor die hommetuigbomme wat vermors is.

Lily ·

@Deon, jy bedoel die feit dat Israel Brigadier General Mohammad Reza Zahedi geteiken het was vir jou skokkend? Die Reza Zahedi wat Iran erken het een van die ingeneurs van Oktober 7 was? Nee! Hoe durf Israel? En Ismail Haniyeh se drie seuns? Gits! Hoe durf Israel terroriste teiken wat Israeli burgerlikes teiken? Hoe durf Israelis nie net stil sit terwyl mense hulle wil uitroei nie? Hoe ongeskik van hulle!

Marthinus W ·

Israel word aangeval deur Iran, maar Amerika pas sanksies toe teen Iran. Beteken dit dat Israel eintlik in beheer van Amerika is?

Kosie ·

Ja nee @Deon, wonderlike Israel, wat vrouens en kinders vermoor met hongersnood, kerke opblaas en hospitale vernietig kry ‘n magdom geld van die VSA; hulle was/is die aggressor, en tog word hulle so gepamperlang.
Vir die spul ziofiele op die kommentare; Is daar enige iets wat Israel kan doen, wat vir julle onaanvaarbaar is?
Dit is aanvaarbaar dat hulle kerke opblaas en Christene vermoor.
Dit is aanvaarbaar as hulle hospitale vernietig.
Dit is aanvaarbaar as hulle ander lande se ambassades blatant opblaas.
Dit is aanvaarbaar as hulle konstant lande rondom hulle met bomme aanval.
Dit aanvaarbaar as hulle vrouens en kinders doodmaak deur geskepte hongersnood.
So, is daar enige iets wat hulle kan doen, wat vir julle nou te veel is, of is die indoktrinasie in die kerk so sterk gewees?

hpven ·

@ Alta Alleman, dankie vir jou feitelike korrekte kommentaar! Jy is reg, want feite is reg!

Keelvol ·

@Deon, selfs Egypte het hamas as n terroriste organisasie verklaar weker dus volstrekt om enige iets met hulle te doen wil hê. Jardanië het selfs van Iraanse Hommeltuie afgeskiet. Iran het die 0ktober 7 aanvalle gefinansier. Iran het selfs gehelp met die opleiding. Israël het gereageer op dit. Tyd dat jy feite in die oë aansjouwen besef, Iran is bedreiging vir die wêreld.

Keelvol ·

@kosie, jy moet dalk na die inligting van skrik bewind kyk oor wat jou hamas terroriste gepleegd het op 7 Oktober. Dis Hoekom Israel gereageerd het op Gaza & Iran. Sal jy terug sit as iemand dieselfde skrik bewind in jou huis kom voer?

Republikein in die Wes Kaap ·

Marthinus, dit gaan ook oor besigheid. Israel voer sensitiewe tegnologie uit na die VSA en ander Navo lande. Dit sluit militêre, ruimte en inligtingstegnologie in. Daai lande belê miljarde dollers in Israel Met ander woorde hulle het ‘n direkte belang in Israel.

Aggie ·

Alta Alleman som alles presies reg op. Die negatiewe kommentators hier doen dit teen hul beterwete.

Lily ·

@Kosie, daar is blykbaar niks wat hulle in jou oe kan reg doen nie, selfs al is hulle reg.

Lily ·

@Marthinus: Ukraine word aangeval deur Rusland, maar Amerika pas sanksies toe teen Rusland. Beteken dit dat Ukraine eintlik in beheer van Amerika is?

Deon ·

@Keelvol, die punte wat Kosie noem is baie waar en geldig . Hierdie wandade en nog baie ander laat 7 Oktober soos ‘n sondagskool piekniek lyk.

Cherokee ·

Jy sien reg Lily. Die toegeneëntheid van die moslemgesindes in die kommentare word nie verbloem nie.

Deon ·

@Lily, die terroriste is ‘Israel’. Gaan kyk na die geskiedenis en dekade lange tereur wat die sionistiese terroristiese staat teen die Palestyne gepleeg het. Hierdie geweldige onreg stel die reg aan die Palestyne se kant en wie ook al hul help. Die onreg behoort aan ‘Israel’ en die wat hulle help. Die aanval op die konsulaat (of sy anneks – dit maak nie saak nie) en die moord op Hamas se kinders en KLEINKINDERS bly ‘n desperate daad van die terroristiese staat om ‘n oorlog uit te lok waarin die hele wêreld sal skade lei en waarskynlik duisende lewens geneem gaan word. Dit is skokkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.