VSA se rykstes bekend gemaak

Bill Gates, medestigter van Microsoft.

Bill Gates, medestigter van Microsoft.

Forbes het sy jongste lys van die 400 rykste Amerikaners bekend gemaak. Die miljardêrs op dié lys is gesamentlik $2,4 biljoen werd.

Bill Gates, stigter van Microsoft, is vir die 23ste agtereenvolgende jaar steeds die rykste man in die VSA met ʼn netto waarde van $81 miljard.

Om dié lys te haal, moet jy ten minste $1,7 miljard werd wees. Jeff Bezos, hoof van Amazon, het Warren Buffet, hoof van Berkshire Hathaway, intussen onttroon as die tweede rykste persoon in die VSA. Bezos is $67 miljard werd terwyl Buffet ʼn netto waarde van $65,5 miljard het. Buffet was vir 15 jaar lank tweede op die lys.

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, is vir die eerste keer in die top-vyf en beklee vanjaar die vierde plek met ʼn netto waarde van $55,5 miljard, gevolg deur Larry Elllison, medestigter van die sagtewaremaatskappy Oracle, met $49,3 miljard.

Die Amerikaanse presidentskandidaat Donald Trump is vanjaar 156ste op die lys en is $3,7 miljard werd.

ʼn Totaal van 266 mense op die lys is selfgemaakte miljardêrs. Daar is 51 vroue op die lys sowel as ʼn bykomende sewe vroue wat hul mans se rykdom deel en saam met hulle gelys word. Die jongste miljardêr op die lys is Evan Spiegel (26). Hy is die uitvoerende hoof van Snapchat en is $2,1 miljard werd. Die oudste miljardêr is David Rockefeller sr. (101). Hy is $3,1 miljard werd.

rykste-amerikaners

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kultuurverskille ·

Hoeveel persent van die 400 is van Joodse afkoms? Ek glo baie want hulle het hulle prioriteite en lewenswyse reg en ons kan baie by hulle leer.

Thuunda ·

Sekerlik is hulle $2.4 TRILJOEN werd, nie net $2.4 MILJARD nie?

GROOT syfers.

Henk Brand ·

2.4 Biljoen (Afrikaans) is dieselfde as 2.4 Trillion (Engels).

WitBlits ·

Thunda & Gerd – lees die einde van paragraaf 1 wat duidelik uitspel dat almal saam 2.4 BILJOEN werd is.
Henk se verduideliking is korrek

Gerd Lourens ·

Witblits. Jy het te veel van jou skuilnaam gebruik.

Een miljard = 1 biljoen = 1 000 000 000.
Een triljoen = 1 000 000 000 000.

Voorlaaier ·

Stem saam met Thuunda.Sover ek weet is Bill Gates alleen $81 biljoen werd.

Johan ·

Wie was die eerste onnosel wat die internasionale terme in Afrikaans verkeerd gebruik het? Dis verwarrend om die minste te se. Bly by terme wat almal kan verstaan, as daar nie SI terme is nie…

ek ·

Sjoe ek wens mense kon so stry of ek biljoene of triljoene in my rekening gehad het

Dawid ·

Konings van n verwronge systeem
Hoekom kan ek nie regskliek nie?

vermeende ·

Die wereld beleef n finanseele krieses en ons wonder hoekom, hierdie lys van die rykstes is volgens my een van die grootste problems.
1% van die wereld se bevolking sit met 90% van die wereld se geld, die 99% deel die oorblywende 10% van dir rykdom.
Hoe gaan die mense op die lys daai rykdom in sirkulasie bring behalwe om dit aantebied teen rente, hulle sal dit nooit kan spandeer nie.

Hierdie rykdom is dooie kapitaal wat inflasie dryf. Dis goed om te spaar maar hierdie super rykes moet begin spandeer sodat werk geskep kan word en die geld weer in omloop kan kom.

Kaufman ·

Jy is reg. Boikot die superrykes sê besighede en ondersteun eerder klein sakemanne.

Ruben ·

Vermeende moet bill gates sy 80miljard vir zumpies of mogabe gee om te versprei tussen hulle arm mense,die super rykes skep baie werk reg oor die wereld en skenk miljoene aan liefdadigheid.Hulle rykdom word bepaal aan hoeveel hulle besighede werd is op die aandele mark en hulle bates en nie op hoeveel geld in die bank is om te kan spandeer nie

Jef ·

Vermeende, as jy so ryk sou wees sou jy dan mededeelsaam wees om ander te help?
Nie ryk mense se gewoonlik as ek die lotery van 2 miljoen sou wen en ek miljoner sou wees dan sal ek baie mense help familie vriende en so aan.
Dan skielik is die persoon ryk en hulle kom hulle beloftes nie na.
Mense wat baie geld het wil altyd maar meer en meer he en dink nie aan medemens en mededeelsaamheid nie.

vermeende ·

Bates kan enige tyd omgeskakel word in geld deur dit bloot te verkoop en dit is hoe die rykes se rykdom bepaal word.
Lees wat ek se, 90% van die wereld se geld is in 1% van die wereldbevolking se hand, dit self is nie n goeie model om mee te begin nie.
Om bloot geld te loop en uitdeel skep nie werk nie, handel skep werk.
Ek reken dis is die prys van goedkoop kridiet.

koos ·

Biljoen….. Triljoen wie is reg wie is verkeerd? Wat se jy jakoppie jy is mos n meerter wanneer ons moet tel two and four something twenty and biljoen……ja thas it.

vet seun ·

nee jong mense .Bijoen en billion is die selfde 1000000000.Triljoen en trillion die selfde 1000000000000.Dis sommer baie ne da is niemand op aarde wat n triljoen in sy leeftyd bymekaar sal maak ni Gates sal nog n honderd of meer 81 billion by mekaar moet maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.