VSA spook ook met ou simbole

Konfederasievlag Foto: rawstory.com

Konfederasievlag Foto: rawstory.com

Afbeeldings van die ou konfederasie, soos die suide ten tyde van die Amerikaanse burgeroorlog bekend gestaan het, se vlag sal nou voortaan net in die museum van die Washington en Lee Universiteit in Lexington, Virginia, uitgestal word. Dit volg na besware wat baie herinner aan die besware oor Steve Hofmeyr se sing van “Die Stem” tydens die Inniebosfees.

Die afbeeldings is in ‘n deel van die universiteit se kapel vertoon waar studente ‘n ere-eed aflê.

Die versoek dat die afbeeldings verwyder moes word, het gekom van ‘n groep studente wat hulself “die komitee” noem. Hulle het ook gevra dat Martin Luther King-dag ‘n universiteitsvakansiedag sal wees, en dat die universiteit stappe neem om sy eie aandeel in verband met slawerny te ondersoek.

Die universiteit het voor die uitbreek van die burgeroorlog 150 jaar gelede tussen 70 en 80 slawe besit. Die Konfederasie se gen. Robert E. Lee het van 1865 tot 1870 as hoof van die universiteit gedien.

Die Christian Science Monitor skryf dat die gebruik van simbole van die konfederasie steeds verdeeldheid veroorsaak. Baie Amerikaners meen dit gee aanstoot as simbole van rassisme en haat, terwyl ander weer daarop aandring om dit te gebruik ter ere van hul voorgeslagte.

Die volledige artikel in die CSM kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.