VSA-stad gedeeltelik ontruim oor vloedskade aan hoogste dam

Foto: AP Photo/Rich Pedroncelli

Foto: AP Photo/Rich Pedroncelli

Inwoners van dele van die Kaliforniese stad Oroville is Sondag gelas om hul woongebiede onmiddellik te ontruim nadat dit gelyk het of die nooduitlaat van die dam Orodam tydens vloedtoestande sou ingee.

Die Orodam, met ’n grondwal in die Featherrivier, is die hoogste damwal in die VSA. Die wal is 230 m hoog, en die dam self die tweede grootste reservoir in Kalifornië. Dit voorsien elektrisiteit en besproeiingswater aan veral suidelike Kalifornië, en het sedert sy voltooiing in 1967 al miljarde dollar aan vloedskade voorkom.

Die noodwaarskuwing aan inwoners in die laagliggende dele van Oroville en ander laagliggende dele langs die Featherrivier is uitgereik nadat ’n sinkgat in die dam se gewone oorloop ontstaan het en al groter in die wal begin wegvreet het. Die noodoorloop is hierna vir die eerste keer sedert die voltooiing van die dam oopgemaak, maar dit het gou geblyk dat dié oorloop dreig om in te gee.

Personeel by die dam, wat net meer as 100 km noord van die Kaliforniese hoofstad Sacramento geleë is, het gehoop om die sinkgat in die oorloop met sakke vol klippe te vul en af te sper wanneer die watervlak weens die opening van die noodafvoer bedaar.

Die krisis is teen laat Sondagaand tydelik afgeweer toe die watervlakke van die reservoir ietwat verlaag het – dit het tot gevolg gehad dat die watervloei deur die beskadigde oorloop verminder het. Owerhede het egter gesê die situasie is steeds uiters gevaarlik en die ontruimings moet voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

WitBlits ·

Dis nou hoe mense wat hulle werk ken dit doen en hier by ons sou hulle net nadat die damwal gebreek het kon se -EEIIISSSHHH!

m ·

Dis hoe kundigheid lyk. Hier is geen kundigheid nie en alles draai net om kleur. So kom ons hoop en bid so iets gebeur nooit hier nie want dit sal een groot ramp wees.

CAV ·

As hulle maar net bietjie van daai water vir ons boere kon stuur

Peet Schabort ·

Ek verstaan dat daar van helikopters gebruik gemaak is om klippe op strategiese plekke af te gooi om die uitkalwing te probeer stop.
Volgende stap?: Daar sal oombliklik begin word om die skade te herstel en ‘n soortgelyke probleem sal sover menslik moontlik vir die toekoms verhoed word.
Ter plaatse kon die Vaaldam ook dieper gemaak gewees het met die droogte sodat dieselfde inhoud oor ‘n kleiner oppervlakte (vir verdamping) bewerkstellig kon gewees het. Maar nee, dis mos Afrika en die geld hy es nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.