VSA stuur troepe na Midde-Ooste ná Saoedi-aanval

Amerikaanse president Donald Trump (20 September 2019) (Foto: AP Photo/Evan Vucci)

Die VSA sal bykomende soldate na die Midde-Ooste stuur ná ʼn reeks hommeltuig-aanvalle op Saoedi-Arabië se Abqaiq-olieraffinadery.

Mark Esper, die Amerikaanse minister van verdediging, het gesê pres. Donald Trump het die ontplooiing van bykomende soldate goedgekeur.

Houthi-rebelle van Jemen het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanvalle verlede week op groot olieraffinaderye in Bugyaq.

Saoedi-Arabië en die VSA vermoed egter dat Iran verantwoordelik is vir die aanvalle wat ʼn impak gehad het op byna die helfte van Saoedi-Arabië se olie-uitvoere.

“Alle tekens is dat Iran verantwoordelik is vir die aanval,” het Esper gesê. Ondersoeke deur internasionale ondersoekspanne, die VSA en Saoedi-Arabië, dui daarop dat die wapens wat gebruik is, in Iran vervaardig is en nie vanaf Jemen geloods is nie.

Saoedi-Arabië het intussen internasionale ondersteuning versoek om die koninkryk se kritieke infrastruktuur te beskerm. Die Verenigde Arabiese Emirate het ook ondersteuning versoek.

Die Amerikaanse magte wat na die streek ontplooi sal word, sal hoofsaaklik op lug- en missielverdediging fokus.

Genl. Joseph Dunford, hoof van die Amerikaanse Weermag, het nie bekend gemaak hoeveel soldate ontplooi sal word nie, maar dit sal nie duisende soldate wees nie. Hy het onderneem om volgende week meer besonderhede bekend te maak.

Esper het gesê Trump het dit duidelik gestel dat die VSA nie in ʼn konflik met Iran betrokke wil raak nie, maar dit benadruk dat die VSA “nog militêre opsies beskikbaar het as dit nodig sou wees”.

Trump het Vrydag nuwe sanksies op die Irannese sentrale bank en die land se soewereine welvaartfonds, in ʼn poging om kontantvloei na die land te beperk.

Iran ontken betrokkenheid by die aanvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

humor ·

Trump sal sy sake gereed moet hou. Een of ander tyd sal hy ook hier moet kom help.

HPV ·

Met Malema se opruiende uitsprake is daardie tyd is nader as wat mense dink.

Gert van Wierdapark ·

Fluister net in Trump se oor iets van die “Rooi Gevaar”, en hy sal nie sy Twiet kan glo oor die gelukkie om betrokke te raak nie!

WMirabilis. ·

Nee wat ek dink nie Trump sal hom met KFC (small fry lande) ophou nie.

Bekommerd ·

Malema geniet baie ondersteuning onder die dommes en dis gevaarlik, want dis hulle wat geindoktrineerbaar is. Meer kommerwekkend is die ANCYL se opleiding van jongmense in gorillaoorlogkennis wat begin in kampe. Hulle beplan beslis gorillaoorlog – wonder net teen wie?

humor ·

Na die stof gaan le het sal die wolwe toeslaan om al die groot moontlikhede waarmee zuma so gespog het reg te benut.

Gaitsigubib ·

Geharde ANC’s bly eerder buite stemming as om teen die ANC te stem. JM het binne n baie kort tydperk van sy party se bestaan 10% van die ANC stemme weggeneem en dis n felt dat hy binne die ANC baie sterk bande het. As die ANC hom eendag terug neem is dit denkbaar dat hy genomineer sal word vir die top posisie. Saam met sy 10% en ander ondersteuners wat weer sal stem sien ek dan moeilikheid kom. Ek kan net hoop dat die dieet wat hy volg hom eerste sal onder kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.