VSA-vegvliegtuig stort neer tydens opleidingsessie

F/A-18C Hornet-vegvliegtuig Foto: Lt. Perry Solomon, VSA Vloot

F/A-18C Hornet-vegvliegtuig Foto: Lt. Perry Solomon, VSA Vloot

ʼn Stralervliegtuig van die Amerikaanse Vloot het Saterdag in Nevada tydens ʼn opleidingsessie neergestort.

Daar is nog nie enige duidelikheid oor die vlieënier se lot nie.

Die F/A-18C Hornet-vegvliegtuig, van die vloot se oorlogsbasis in Fallon in Nevada, het omstreeks 15:00 sowat 112 km daarvandaan op ʼn opleidingsterrein neergestort. “Die Vloot het nog nie amptelik die status van die vlieënier bekend gemaak nie,” het die Vloot in ʼn verklaring gesê. “Die ongeluk het tydens ʼn opleidingsvlug plaasgevind.”

Die Vloot sal ʼn ondersoek van stapel stuur.

Hornets, wat deur Boeing gebou word, word as aanvals- en vegvliegtuie gebruik. Hulle word al sedert die 1980s gebruik. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.