VSA-verkiesing: Clinton en Trump is kop aan kop

Donald Trump en Hillary Clinton

Donald Trump en Hillary Clinton

Hillary Clinton en Donald Trump is byna kop aan kop in die meningsopnames voor die eerste presidensiële debat, het die Washington Post Sondag berig.

Volgens ʼn peiling deur die Washington Post en ABC News, het 46% van waarskynlike kiesers Clinton ondersteun en 44% vir Trump. Gary Johnson, die Libertyne se kandidaat, geniet tans 5% steun en Jill Stein, die Groen Party se benoemde, staan op 1%.

Clinton en Trump is gelyk op 41% onder geregistreerde kiesers met Johnson op 7% en Stein op 2%.

Clinton, die Demokratiese Party se kandidaat, en Trump, die Republikeinse Party se benoemde, begin Maandag met die eerste van drie presidensiële debatte by Hofstra University op Long Island in New York.

Dié 90 minuut lange debat is die begin van die finale fase van die presidensiële veldtog voor die verkiesing op 8 November.

Lees meer oor die peiling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

HV ·

Washington Post, ha ha Hillary se propaganda masjien. Natuurlik sal sy voorloop.

Cherokee ·

Ek is teleurgesteld en hoop hierdie berig is op stokou inligting gegrond. Die laaste inligting wat ek te siene gehad het maak Donald 5% voor en ek hoop hy vergroot dit.

tinah ·

enigeen wat so dwaas is om te dink Trump is goed vir VSA? Great SA HET zUMA en Vsa het TRUMP, Verwoesting, IN N ANDER VORM, MAAR STEEDS VERWOESTING.

andrea van vuren ·

Ai tog Tinah, waar kom jy aan sulke onweldagte uitsprake! Gaan lees jou koerante en kom dan terug met oop oë. Die Clintons het soveel geraamtes in die kas en is net so onderduims soos Zuma en sy bendes.

Victor ·

En hoekom dink jy Trump sal goed wees vir die VSA? Hy is stapelgek!

Victor ·

Loeis – hulle is albei slegte keuses – maar ten minste weet ons Hillary weet wat die werk behels. Sy het immers ondervinding as secretary of state en haar man was president.

Wat is Trump se ondervinding? Besighede begin met pappa se geld en ‘n slegte haarstyl?

Victor ·

Ek kan nie glo hierdie twee is die beste twee kandidate wat hulle mee kon opkom vir die presidensiele verkiesing nie. Albei is slegte keuses, maar word mens geforseer kies jy maar vir Clinton.

Ek sou graag wou weet hoekom die verkrampte Afrikaners so vir Trump aanbid?

KarooKlong ·

Vir dieselfde rede wat die nie verkramptes vir zuma aanbid.

Victor ·

Snaaks, ek het geen tyd vir Zuma nie, en verder, wat dink julle gaan Trump vir SA doen, julle gaan tekere of hy ‘n tuisland vir Afrikaners gaan kom skep

gatiep ·

Victor jy moet vas aan die slaap wees om Trump ondersteuners verkramp te noem.

Victor ·

Hoe so gatiep? Natuurlik is dit die verkamptes wat hom so aanhang.

gatiep ·

Victor as jy staan vir die vewoesting van die westerse leefwyse en wit mense haat.
Dan is jy op die regte pad om agter die clintons te staan sterkte met daai een.

Victor ·

Wit mense haat? Hoe so?

En wat laat jou dink Trump is in hierdie resies vir enigiemand anders as net homself? Hy maak baie beloftes om die redneck stem te kry, kom ons sien watter gemors hy van die land maak as hy eers president is

Takkie Takuuza ·

Victor, ek neem aan dat diegene wat nie soos jy dink nie dus verkramp is. Ok dan.

Sum ·

omdat jy NIKS weet nie en omdat jy NIKS verstaan nie en omdat jy nie op hoogte is wat om jou aangaan nie…
Die verkiesing gaan nie oor die demokrate en republiekyne nie, want Trump is nie ‘n politikus nie en dus ook nie ‘n republiekyn nie… Hy is ‘b buitestaander. Die verkiesing gaan oor die die gewone Amerikaner- wie Trump verteenwoordig vs die korrupte goddelose NWO stelsel(establishment)- wat die heks verteenwoordig. Plesier

KarooKlong ·

Ek glo nie hy gaan dadelik vir SA iets doen nie. Dalk eerder ‘n paar goeie voorbeelde daar stel en ek dink hy gaan in ‘n groot mate voorkom wat zumpie met SA gedoen het.

Victor ·

Wat voorkom? Zuma het reeds sy skade gedoen. Trump is ‘n megalomaniac wat geen ondervinding het vir die rol wat almal dink hy kan doen nie, met onuitvoerbare planne – soos sy famous muur wat hy langs die grens wil bou.

KarooKlong ·

Victor, baie mijoene Amerikaners verskil van jou en ook van my. Ons gis oor iemand wat ons net by naam ken se politieke vermoens. Kom ons gee die klong kans en dan kritiseer ons agterna. Soos met zumpie.

Victor ·

KarooKlong, wat het die feit dat hy populer is te doen of hy die regte keuse vir president is?
Argumentum ad populum – gaan google dit
Groot kans om te waag om ‘n malle soos hy in te stem “om te kyk wat gaan gebeur”
Dit maak my bly ek is nie ‘n Amerikaner nie

HV ·

Soos ek dit sien. Stem vir Clinton dan gaan jy jou derde wêreld oorlog kry en gou ook. Maar die tannie is baie siek, hulle kry dit nie meer verdoesel nie, so ek dink ons gaan nog n paar wilde spronge sien voor die nuwe president aangewys is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.