VSA-verkiesing: Trump probeer laatstemmery in hof stuit

Pres. Donald Trump. Foto: REUTERS/Carlos Barria

Pres. Donald Trump se herverkiesingspan het hom tot ʼn hof in die Amerikaanse deelstaat Georgia gewend in ʼn poging om te verhoed dat laat stemme in dié deelstaat getel word.

Die uitslag van die Amerikaanse presidentsverkiesing is nog in die weegskaal met ʼn paar state waar die uitslag binne die volgende paar uur of dae bekendgemaak sal word.

Alaska, Pennsilvanië, Noord-Carolina, Georgia, Arizona en Nevada is in dié stadium nog onbeslis nadat die Demokratiese presidentskandidaat Joe Biden Michigan in Wisconsin gewen het – twee van die trio van die “blou muur”-state wat Trump in 2016 na die Withuis gestuur het.

Die Republikeinse president en sy Demokratiese opponent moet minstens 270 van die kieserskollege-stemme inwin. Biden staan in dié stadium op 243 stemme en Trump op 214 stemme.

Luidens ʼn hofdokument wat deur die Trump-veldtog bekend gemaak is, het lede ʼn regter gevra om Chatham County (Georgia) te beveel om alle stembriewe wat ná Woensdag omstreeks 19:00 op verkiesingsdag ontvang is, te verreken en te verantwoord.

(Foto: Twitter)

Die Trump-veldtogspan sê hy het hom tot ’n hof gewend nadat hy inligting ontvang het oor laat stemme wat onbehoorlik met geldige stemme gemeng is.

“Pres. Trump en sy span veg vir die beswil van die land om die oppergesag van die wet te handhaaf en die wet van Georgia is baie duidelik: om wettig te tel, moet die stembriewe teen 19:00 op die verkiesingsdag ontvang word,” sê Justin Clark, adjunkveldtogbestuurder, in ʼn verklaring.

Sou Biden Georgia wen, sal Trump se kanse beduidend verswak.

Joe Biden. (Foto: AP Photo/Andrew Harnik)

Die veldtog het reeds vroeër gevra om in te gryp in ʼn hangende saak in die Amerikaanse hooggeregshof oor of Pennsilvanië, ʼn ander belangrike staat wat nog deur derduisende instembriewe werk, toegelaat moet word om stembriewe met laat aankoms wat deur die verkiesingsdag gestuur is, te aanvaar.

Die stemmery is Dinsdagaand afgesluit, maar talle state neem tot dae lank om die stembriewe te tel. ʼn Groot getal mense het deur die pos hul stem uitgebring weens die Covid-19-pandemie en dit beteken die tellery kan langer as gewoonlik duur.

“Die president se verklaring vanaand dat hy die tellery wil stopsit, is verregaande, ongekend en verkeerd,” het Biden se veldtogbestuurder, Jen O’Malley Dillon, in ʼn verklaring gesê.

Talle betogers het intussen die strate in verskeie Amerikaanse stede waaronder Philadelphia in Pennsilvanië ingevaar en eis dat alle stemme getel geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ferryman ·

Trump is nou besig om na grashalmpies te gryp. Hy moet maar terugsit en sy toespraak skryf waar hy Biden gelukwens en sal sorg vir ‘n gemaklike oorgang. Dinge lyk nie te goed vir Trump op die oomblik nie.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Tipies! Hy gaan wen met die hulp van die duiwel…

Michael ·

Biden kon in sy hele veldtog maar ‘n paar honderd mense bymekaar kry-maar loop tans voor-maak dit sin vir jou Elmarie? En die laat stemme gaan almal na Biden toe-maak DIT sin vir jou Elmarie? Almal wat so teen Trump skreeu gaan nog lang trane huil wanneer die kommunis Harris president word. Biden is net ‘n middel tot ‘n doel. Trump is tans ons enigste skans teen ‘n heroplewing van kommunisme. Ons moet eerder bid dat Trump wen

Michael ·

Net so belaglik soos mense soos jy wat nie die gevaar van kommunisme en sosialisme kan verstaan waarvoor Harris en die Demokrate staan nie. Jy gaan nog wens Trump het gewen indien Harris hulle dit regkry om die verkiesing met bedrog te wen

Anoniem ·

Ek het die verkiesings baie nou gevolg die afgelope jaar en ek moet sê dat ek deel in Trump se kommer. Die demokrate het die mail in voting die jaar ingebring, die eerste in geskiedenis en n nuwe proses, want hulle het geweet Trump gaan oorweldigend wen. Hulle get dit selfs bevestig… en nou gebeur dit. Trump het gemaklik voorgeloop in die gewone verkiesing maar vanaf die “ekstra” ballots nou ontvang is is dit snaaks genoeg net Biden stemme, en miljoene daarvan, as dit nie vir jou snaaks lyk nie dan leef jy in n droomwêreld of in n wêreld soos meeste van die oningeligte mense wat op gevoel hierop kommentaar lewer. Daar is verseker verkiesings bedrog en die haat vir Trump is oorweldigend en dit sal uitkom.

Mieke ·

Dis inderdaad ‘n geveg tussen lig en donker… die Demokratiese party bestaan uit leuens en nogmals leuens.

Andre ·

Snaaks ook hoe Suid Afrikaanse media niks wys van die plunder en strooptogte in Amerika nie.

Werner ·

Darem snaaks dat al die laat stemme na Biden toe gaan net n liberalis wat nou weer nie kan sien hier is bedrog nie

Robert ·

Inderdaad. Sommige sal altyd deur die lewe gaan met oogklappe…

Die Goodwoodianer ·

O, hy sal dit kan sien. Waarom sal hy dit teenstaan as dit in sy guns tel? Die hele spul is ñ speletjie.

daniel ·

Politiek is n vuil besigheid waar niemand vertrou kan word nie, veral nie die demokrate van Amerika nie

.

Maggies ·

Aan die einde van die dag gaan die Bybelse voorspellings realiseer. Ons lewe in die eindtyd en dít wat moét gebeur sál gebeur.

Gemaskerde Sopbeen ·

Begin klink soos Sluit-Afrika. Alles eindig in die Hof.

Fedup ·

How strange some of these comments.
Muppet have to take his second term.
Now those of you who love biden, please see what’s going on here.
biden is just like our circus. Corrupt, china loving and stupid as a stump.
Muppet may not be the sharpest pencil in the box, but his way if running a country is one damn goid way.
Now by the power invested in me, you may now give me a hell of a lot of thumbs down.
Thank you so kindly.

Die Goodwoodianer ·

Biden het die Afrikaner só sleg afgemaak in die 1980’s. Het onlangs eers die beeldmateriaal op sosiale media gesien. Om te dink ek het tot onlangs toe respek vir hom gehad. Pfft-uh!

Politikus ·

Dan het jy verseker ook geen respek vir T nie…wat ‘n goeie ding behoort te wees. Hy noem vroue lelike name

Jaco ·

Vreemd dié ongerymdhede met die verkiesing in Amerika. Waar is die internasionale verkiesingswaarnemers dan? Of gaan waarnemers net kyk na nie-wit lande se verkiesings?
Nes moody’s wat net nie-wit lande se ekonomieë afgradeer na rommelstatus, maar hulle los wit lande uit.

Andre ·

Met soveel distrikte waar daar meer stemme as kiesers is, possteme en demoonkrate wat alles in die stryd werp, klink dit maar baie SA se manier van doen. Mense moet regtig bietjie wyer lees as die netwerke wat so baie sensor oor die waarheid.

andre ·

Hoekom sal mense laat stem as hulle vir maande al die reels weet .Klink soos hulle soortgelykes hier in Suid-Afrika .Heel moontlik het hulle iets om weg te steek.

Derek ·

Is glad nie verbaas! Arrogansie bring jou nerens, dit is maar net sy eie toedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.