VSA verwag onluste oor uitspraak

Ferguson riots

Onluste in Ferguson

Die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat, Missouri, het ’n noodtoestand verklaar voor die groot jurie vandag uitspraak lewer in die skietvoorval waarin ’n wit polisiebeampte in die stad Ferguson ’n jong swart man doodgeskiet het.

Met die skietvoorval op 9 Augustus vanjaar het swart inwoners op groot skaal by onluste betrokke geraak, wat dae lank geduur het. Miljoene dollar se skade is deur die onluste aangerig, en sommige ondernemings moes weens die vernielsug en plundery hul deure permanent sluit.

Goewerneur Jay Nixon het ook die Nasionale Wag gemagtig om die polisie by te staan.

Die groot jurie moet na ’n geregtelike ondersoek beslis of Darren Wilson verantwoordelik gehou moet word vir die skietdood van die ongewapende 19-jarige Michael Brown.

Die owerhede verwag onluste, veral as die groot jurie sou beslis dat Wilson nie verantwoordelik gehou moet word nie. Die FBI het selfs gewaarsku dat onluste landswyd kan voorkom. Die polisie is landswyd op ’n gereedheidsgrondslag.

Die protesgroep, Justice for Mike Brown, het selfs ‘n lys bekend gestel van teikens wat aangeval sal word. Hieronder is die stadsaal en die hofgebou, maar ook teikens wat niks met die voorval te make gehad het nie. “Nuwe” betogers is ook die naweek “opgelei” om aan protesoptogte deel te neem.

Bronne: CBS St. Louis, Yahoo News, CBS News, Gateway Pundit, Breibart en Washington Post.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik ·

Dis ironies dat al wat swart aktivis is wil betoog wanneer die “grand jury” moontlik uitspraak lewer dat die wit polisieman wat Brown geskiet het, dalk nie vervolg word nie, maar geen haan kraai daarna dat in dieselfde woonbuurte in St Louis sedert die begin van die jaar tot verlede week meer as 150 swartmense in dwelm- en bendeverwante geweld doodgeskiet is nie. Is dit nou nie die toppunt van rassisme nie?

Ek hoop maar hulle maak die aankondiging vandag – dis vrek koud hier in St Louis en dit sal die meeste mense van die strate af hou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.