VSA, VK, Frankryk loods missielaanval op Sirië

Missiele tref Damaskus (14 April 2018) Foto: AP Photo/Hassan Ammar

Amerika en sy bondgenote, Frankryk en die Verenigde Koninkryk, se missiele het Sirië Saterdag getref om Basjar al-Assad se regering te straf oor ʼn beweerde chemiese aanval op siviele burgers en die regering te ontmoedig om weer dié verbode wapens te gebruik.

Altesaam 105 missiele is na Sirië gestuur (85 van die VSA, 12 van Frankryk en agt van die Verenigde Koninkryk).

Pres. Donald Trump het vroeër op Twitter dit ʼn “perfekte trefskoot” genoem. “Mission accomplished!” het hy bygevoeg.

Sirië se bondgenote, Rusland en Iran, het die VSA, Brittanje en Frankryk se optrede as ʼn “militêre misdaad” beskryf en gewaarsku dat dit die humanitêre krisis kan vererger ná jarelange burgeroorlog.

Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad sal Saterdag vergader, op versoek van Moskou.

“Goeie siele sal nie verneder word nie,” het Assad gesê, terwyl honderde Siriërs in Damaskus, die hoofstad, vergader het. Hulle het oorwinningstekens gewys en vlae rondgeswaai ná die uur lange spervuur wat Vrydagaand geloods is (vroeg Saterdag in Sirië).

Die missiele is van oorlogskepe in die Mediterreense See afgevuur. Beamptes van die Pentagon, wat anoniem wou bly, het gesê Sirië se lugverdediging was ondoeltreffend.

Die missiele het die hartjie van Assad se program, om chemiese wapens te ontwikkel en te vervaardig, geteiken. Genl. Joseph Dunford, hoof van die Amerikaanse weermag, het gesê die missiele het eerste ʼn wetenskapnavorsingsentrum in die hartjie van Damaskus getref waar Sirië navorsing, ontwikkeling, vervaardiging en toetsing gedoen het van chemiese en biologiese oorlogvoeringstegnologie. Die tweede teiken was ʼn stoorplek wes van Homs, waar chemiese wapens gestoor word. Die derde teiken was ʼn stoorplek en belangrike beheerpunt, ook wes van Homs, waar chemiese wapens gehou is.

ʼn Internasionale waghondgroep teen chemiese oorlogvoering het gesê sy sending in Douma, waar ʼn giftige gas glo op 7 April gebruik is en meer as 40 persone gesterf het, gaan soos beplan voort. Dit het aanleiding gegee tot die Westerse bondgenote om hul aanval teen Sirië te loods. Sirië ontken die beskuldiging.

Frankryk se minister van buitelandse sake het egter gesê daar bestaan “geen twyfel nie” dat die Assad-regering verantwoordelik was. Hy het gewaarsku dat daar nog aanvalle kan wees as chemiese wapens weer gebruik word.

Theresa May, Britse eerste minister, het uit Londen gesê die Weste het “alle moontlike” diplomatieke opsies probeer om Assad te verhoed om chemiese wapens te gebruik.

Emmanuel Macron, president van Frankryk, het gesê een van die teikens was die Siriese regering se “klandestiene chemiese arsenaal”.

Die Siriese regering het herhaaldelik ontken dat hy enige verbode wapens gebruik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Herman

Die aanval het vanoggend in Sirië plaasgevind.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Trix ·

Ons wag nou nog om Saddam Hussein en Gadaffi se wapens van massavernietuging te sien. Dieselfde leuens oor en oor!

Cherokee ·

Moslemisme opsigself is wapens van massa vernietiging. Die oomblik wanneer jy die Weste se verdediging teen die Ooste se bomaanvalle teen westerlinge bevraagteken, skep jy ‘n vraagteken oor jouself, want ons veg teen islam se bomaanvallers in wat ook al vorm. Wees versigtig met wat jy sê en gee terugvoering as jy verskil.

Trix ·

Gaan doen asseblief navorsing oor wat met minderheidsgroepe, veral christene gebeur het in o.a. Irak en Libië na die “diktators” uitgehaal is. Die oomblik wanneer jy dit goedkeur (al is dit in skreiende onkunde) plaas ek ‘n vraagteken oor jou menslikheid!

gatiep ·

Jy is is reg Trix.
Selfde ou storie bom die hel uit n land se mense omdat hulle nie hou van Asad nie.
Veroorsaak sommer oorlog met Rusland ook. Wat is n paar Nukes dan nou heen en weer.
Trump was n veraaier.

Haan ·

Stem saam met jou trix. Bly om te sien die blinddoek van “ons veg teen Islam” is nie oor jou oë nie. Wat gedoen is – is skandelik, onmenslik en gemeen

johan II ·

Eks met jou trix…klink so bekend. Weste stook alweer oorlog.

Leahim ·

Gatiep los vir Trump uit hy is huidiglik die beste staatshoof in die wêreld en hy gaan sy land verlos van die muslim ekstimiste en hulle onderduimse aanvalle op onskuldige mense.

Phillip Groen ·

@Cherokee

Met alle respek gesê, dis n aanduiding dat jy geen benul het van die situasie in Sirië nie.
Eerstens is die sg. aanvalle (wat nog nie bewys is, of dit wel plaasgevind het nie) waarop reageer was, was nie gemik teen westerlinge nie maar teen ‘n gebied wat onder die beheer van Siriëse rebelle was. Die einste rebelle wat hand om die lyf met ISIS verwante organisasies staan. M.a.w JUIS die mense waarteen jy wil optree in watter vorm ook al.
So jou 2de stelling staan lynreg teenoor jou eerste stelling.

Die Siriëse regering is besig om die oorhand oor die Islam ekstremiste te kry en die VSA en kie besluit dit is ‘n goeie idee om die Siriëse regering nou te verswak met lugaaanvalle. Net ‘n versteekte agenda sou hier sin maak.

ISIS en AL Kaida se opkoms is DIREK verwant aan die westerese inmenging in die Midde Ooste op die miltêre terrein. Die diktators van die Midde Ooste het JUIS sulke elemente in toom gehou, maar westerse inmenging het dit vir hulle moontlik gemaak om ongestoord hul moordtogte uit te brei.

Dit was eers na Rusland se ingryping dat die Weste erns gemaak het daarvan om ISIS te takel, want hulle het gesig verloor.

In Sirië word ‘n Islamietiese ekstrimis ‘n rebel en vriend van die Weste genoem, maar as dieselfde rebel na Mali toe gaan noem die Weste hom ‘n terroris.

Piet ·

Gatiep, het jy ooit die berig gelees? Die land se mense is nie gebom nie, die plek waar hulle die chemiese wapens stoor en navors is gebom, in die oggend ure terwyl die wetenskapikes wat daar werk heel moontlik nie daar is nie. En hulle is nie gebom omdat hulle nie van Assad hou nie, maar omdat Assad chemiese wapens gebruik het.

Pierre ·

Om presies te wees, is die tellings as volg :-)

VSA:
66 Tomahawks missiele (missiele of misielle??)
19 JASSM-ER missiele

VK:
8 StormShadow missiele

Frankryk:
3 MdCN missiele
9 SCALP missiele

Kobus ·

Herman, as jy belangstel in die wapens en platvorms wat deur Amerika, die VK en Frankryk gebruik is, volg vir Jive Turkey op YouTube. Hy het voorheen op o.a. die Virginië-klas duikboot gedien en maak nou video’s van duikbootspeletjies. In hierdie video bespreek hy hierdie voorval se strategieë in fyn detail: https://youtu.be/1xsMS1jsxY8?t=7m39s

JoeV ·

Seker die grootste bedrog wat die wereld nog gesien het. Ons kwel ons oor Zuma!

aloys ·

daar is bronne dat omtrent 70 van die missiele uit die lug geskiet is deur Assad.

Yankee ·

Nee, nie enkele missiel was “afgeskiet” nie. Elkeen het die teiken getref. Assad het na die aanval missiele ontplooi wat in alle rigtings verdwaal het.

Rupert Ashford ·

As goeie mense sien hoe slegte ouens onaanvaarbare dade pleeg en hulle laat dit toe, is hulle aandadig. En dit sluit beide die Weste en Rusland in.

Gerhard ·

Die probleem is dat as jy betrokke raak dan gaan iemand onskuldig iewers beseer of gedood word en as jy nie betrokke raak nie dan laat jy toe dat ‘n ander dit aan die onskuldiges doen. Die ewige catch 22 probleem in sulke omstandighede. So aan die einde van die dag probeer jy maar net ‘n oorlog tot ‘n einde bring in jou en jou aliansie venote se guns of jy gee boedel oor. Donald Trump sit nou maar net met die selfde probleem as enige VSA president voor hom en kom nou agter hy kan nie net uit alle oorloe bly soos wat hy belowe het nie.

Gerhard ·

Poetin kan nie eers droom daarvan om ‘n oorlog teen die Weste te wen nie.

Jenny Thom ·

Siestog Maroela jul het darem kla-kouse vir lesers.
Ai, tog sulke professionele mense op hul gebied, wat tog so graag ‘n eiertjie wil lê, en julle heeltyd wil reghelp. Die kla-kouse kan net sowel direk op BBC nuus gaan kyk na die nuutste ontwikkelinge wat oorkant die waters gebeur. Met sulke lesers sou ek al opgegee het. Baie dankie vir julle, ek is ‘n “slaafse” leseres en waardeer die feit dat ek jul nuus sommer direk op my f-book vir my kroos kan plaas. Van die jongklomp lees selde of ooit’n koerant. So hou ek hulle gereeld op hoogte van die nuutste nuus. Geseende dag vir julle!!!

Haan ·

Die Sioniste kort ‘lebensraum’
Selfde storie oor en oor: infiltreer, destabiliseer, regeer
(Gadaffi, Hussein, Assad, Korea, Laos&kambodia, )
Beirut&Grenada, Irak, Somalië, Bosnië en Kosovo, Afghanistan, Yemen, Sirië)
“The war is not meant to be won, it is meant to be continuous” – Orwell

BenaYaHU ·

Bravo! Haan
Duidelik een wat meer ingelig en oplettend is teenoor wereldgebeure asook die wandade van die Westerse-alliansie.. Die VSA en sy ‘vennote’ is slegs die militere been van die Agenda2030 ens. ..
Die Islamitiese bedreiging mag werklik wees, maar word aangewakker deur die inmenging en omverwerping deur die “westerse bestel” (lees ‘demon-crazy’/’demokrasie’).
Die meeste mense het absoluut geen benul van wat werklik op ‘n globale vlak aan’t gebeur is nie.. en word aan hul neuse rondgelei deur die hoofstroom mediabronne.
Die tyd vir slaap raak egter min, en die ontwaking (indien enigsins) sal vir meeste ‘n bron van uiterste ontsteltenis wees. Shalom!

johan II ·

Amerika is nogsteeds die enigste wat n A-bom op mense gegooi het…daar is net bewerings dat Asaad sy arsenaal gebruik het en die vuurpyle vlieg.

Hennie ·

Hier is duidelik twee denkrigtings hier! Ja dis wasr dat die VSA nog bewyse moet gee van WoMD, maar…dáárdie regimes was boos…net soos die ANC. Hulle het burgerlikes vermoor. Sodra jy jou eie burgers vermoor dan skep dit probleme, want die burgerlikes word spoedig vlugtelinge in n ander land! Dit maak daardie land se probleem, hul buurlande en ander lande se probleem!

Gerhard ·

Dit is waar. Die eenkant is erg pro-Rusland of anti-Amerika is. Die ander kant is of pro-Amerika of sien maar net die situasie as een wat net kan verbeter as die “sterkmanne” van die Midde-Ooste aan hulle einde kom. Beide kante lieg van tyd tot tyd om hulle doel te bereik, maar wat is die beste oplossing. Wat ook al jy dink van demokrasie, dit bly beter oplossing as ‘n diktatorskap of eenparty staat. Dit is waarom die Amerikaners dit probeer vestig in die Midde-Ooste.

Gerhard ·

Poetin kan absoluut niks hieraan doen nie. Hy kon nie eers iets doen aan Turkye toe hulle een van sy vegvliegtuie afskiet nie. Dit is wat gebeur wanneer jy jou inmeng met ‘n geveg groter as jy, m.a.w as ‘n streeksmag sy lyf wereldmag probeer hou. Sy beste hoop is dat Trump iewers die Amerikaanse weermag opdrag gee om te ontrek. Dit sal ook maar moeilik wees vir Trump wat die wind van voor sal kry as hy dit probeer doen.

BenaYAHU ·

Werklik!?
Ek vermoed jy glo dit wat deur die hoofstroom-mediahuise aan jou opgedis word!
Trump is net NOG ‘n Rothschild-baba .. en soos al die vorige Amerikaanse presidente net nog ‘n pion.
Terloops, die VSA weermag is “oorlogmoeg” en hul wapen-/toerusting is vinnig besig om verouderd te raak. Verder is die VSA bankrot (byna $21 biljoen = 21 000 000 000 000) in die skuld.. en dit is SONDER al die regering se maatskaplike verpligtinge (ongeveer $160 biljoen).
Die enigste antwoord is dus om die blaam van die “De Rothschild/Bauer” skelms weg te maak.. en oorlog was nog deurgaans die “oplossing”. Gaan bestudeer gerus die WARE geskiedenis.. nie die weergawe waarin bv. Hitler as ‘n psigopaat voorgehou word nie.
Putin is by VERRE ‘n beter staatsman en leier dan wat Die Donald ooit kan begryp om te wees! En, of jy dit nou wil glo of nie, maar die Sino-Russiese aliansie sal die oorhand oor die “weste” verkry.. aanvaar dit maar.

Kloekie ·

Wat gaan lol die weste daar in die ooste? Dit gaan n derde wereld oorlog begin.

Coen ·

Hoe gouer hoe beter dit is miskien wat nodig is om die siek wereld veral die suid punt van afrika weer reg te kry

Gerrit ·

Ek stem saam met Cherokee hulle is net moeilikheid en moet ten alle koste beveg word.

reguit ·

Die ware rede vir die oorlog in Sirië is as volg:

In die jaar 2000 was daar nog 8 lande wat steeds nie onder ‘n Rothschild-beheerde Sentrale Bank wou wees nie:

1. Afghanistan
2. Irak
3. Sudan
4. Libië
5. Kuba
6. Noord Korea
7. Iran
8. Sirië

Vandag is daar nog net 3 lande oor wat nie onder ‘n Rothschild-beheerde sentrale bank is nie: Noord Korea, Iran, Sirië.

Ons weet wat intussen met die eerste vyf lande gebeur het, en ons kan vandag sien wat die laaste drie lande se voorland is: oorlog.

Omdat Kuba en Noord Korea nie olie het nie, is hulle nie so hoog op die lys van lande wat “regime change” moet ondergaan nie. Die res is prioriteit. Sirië vandag. Iran volgende.

Dit gaan oor geld. Mammon.

BenaYaHU ·

Bravo! reguit
Inderdaad verstaan en sien jy deur die huidige globale sirkus.. maar nee, die uiteinde is NIE slegs ‘mammon’ nie, dit gaan veel dieper as dit!
Deur dit aan te voer as die enigste oorhoofse rede sal daartoe lei dat jy die Khasariese Zioniste onderskat.. “geld” het hul reeds in oorvloed, en deur die “kredietstelsel” (lees ‘skuld’) beheer hul basies reeds die meerderheid lande. Nee, hierdie strek veel dieper dan ‘geld’ of ‘mammon’..
Dit handel veel eerder oor “ba-al/heylel ben shakar”. Shalom!

Carel ·

Enige bewyse van skade aangerig deur die 105 missiele? Of was dit “blanks” . . . ?

Phillip Groen ·

@Cherokee

Ek neem aan jou aanmerking is aan my adres gemik. Niks in die video weerspreek wat ek geseg het nie, maar jy moet gerus BAIE meer bronne lees as net Fox News.

Die feit is jy het beweer dat die koalisie se aanvalle gemik was teen Sirië omdat hulle o.a. n bedreiging is vir die Weste deur bomaanvalle ens. Jy meng jou vyande se identiteite erg op..ISIS is verantwoordelik vir die aanvalle in die Weste, nie Sirië nie. Inderdaad beveg Sirië presies dieselfde vyande as wat jy vermeld as die vyande van die Weste.

Ten spyte van Fox News se poging tot “sugar coating” was Douma (waar die beweerde aanval plaas gevind het) onder die beheer van “Jaish al-Islam” (Vertaal as “Die Weermag van Islam”). Die beweging is gestig deur Zahran Alloush wat op sy beurt demokrasie verwerp het en die totstandkoming van ‘n Islamietiese staat voorgestaan het. M.a.w. dieselfde doelwitte as ISIS.

Hierdie doel het hy verklaar wil hy met etniese suiwering bereik het, wat verseker christene sou insluit.Die Siriëse lugmag het hom gelukkig die ewigheid ingehelp op Kersdag 2015. Die Assad regime daarteen handhaaf n sekulêre beleid wat gosddiensvryheid verseker.

Sirië beveg JUIS die ekstremiste terwyl lande soos Saoedi-Arabië “Jaish al-Islam” bewapen en befonds. Saoedi-Arabië was verseker nie gelukkig dat hulle “investment” tot ‘n val gekom het in Douma en wil dit tog lyk asof die VSA en kie namens Saoedi-Arabië Assad gestraf het vir sy oorwinning.

Phillip Groen ·

@Cherokee

O ja terloops Jaish al-Islam het in April 2016 chemiese se wapens teen die Koerde in Aleppo gebruik. Die Koerdiese Rooi Kruis (Kurdish Red Crescent) het die aanval bevestig waarin 23 burgerlikes dood is en oor ‘n 100 beseer is.

Jaish al-Islam het dit ook erken en geblameer op n bevelvoerder wat die reëls oortree het. Wat egter ook waar is dat daar by die 50 gevalle aangeteken is waar rebelle groepe chemiese wapens gebruik het teen of die Siriëse weermag en/of burgerlikes of teen ander rebellegroepe waarmee hulle in konflik was.

Chemiese wapens kan dus deur een kant van die konflik gebruik word sonder enige nagevolge maar nie deur die anderkant nie. Dit is net te gerieflik dat hierdie dubbel staandaarde van straf net toegepas word waar dit die regime betrek maar die Weste en Saoedi-Arabië se bondgenote gaan ongestraf voort met hul vergrype.

Wat skokkend is,is dat hierdie bondgenote hand om die lyf staan met ISIS en ISIS simpatiseerders en dat die Weste de facto hulle beskerm en bevorder ten spyte daarvan dat hulle doelwit nie veel verskil van ISIS s’n nie.

In die lig van die April 2016 chemiese aanval deur Jaish al-Islam sou enige redelike party aansprake van ‘n chemiese aanval met n groot knip sout geneem het. Veral as sg, aanval niks, maar niks, strategiese waarde vir die regime sou inghou nie, eerder die teendeel.

Dit laat mens wonder…

Callie ·

Net ongelooflik dat daar n n spul is wat teen die weste en Amerika is. Sal waarborg dis die wat so polities korrek is en alles wat wit is sal afkraak. Dieselfdes wat glo wittes word benadeel oor hulle dit verdien. Dankie Trump. Bring orde terug in die siek wereld

BenaYaHU ·

Spul?
Wit?
Weste?
Polities korrek?
Callie, jy is VREESLIK oningelig en BAIE naief! En terloops, jy is ‘n behoorlike slaaf van ras & kultuur.. Ontwaak en besef dat dit JUIS daardie wapens is wat die WARE “wapens van massavernietiging” is.. en inderdaad betreurenswaardig val jy behoorlik daarvoor. Eina!

Gerhard ·

Kyk dit is nogal interessant hoe almal wat kommentaar lewer oor die soort gebeure altyd dink die anderkant is oningelig. So sal jy gou sien iemand wat nog nooit naby die gebeure was nie ‘n Westerse artikel daaroor gebruik om sy saak te staaf. Dan sal iemand anders hom tereg daarop wys dat jy nie die hoofstroom media kan vertrou nie en dan sy saak staaf met ‘n artikel van ‘n fopnuus webblad. Snaaks genoeg almal glo hul bronne al het hulle nie werklik rede om dit te glo nie en terselfde tyd gaan logiese denke by die deur uit. Omdat die Westerse nuus so baie lieg is die fopnuus verseker die waarheid. Omdat fopnuus fopnuus is is die Westerse media reg. Wat van ‘n bietjie nugtere denke mense. Ons almal weet Westerse media praat gereeld onsin, maar ons weet ook sekere fopnuus blaaie lieg net om iemand se beeld te poets. Mens noem dit propaganda. Enige mens met meer as twee breinselle weet ook die oorlog in die Midde-Ooste gaan nie oor Isis nie en het nog nooit nie, dit is bloot ‘n bysaak. Die Amerikaners probeer die plek demokratiseer, reeds omdat dekades van sterkmanregering nie die plek beter gemaak het nie en eerder gevolg is deur radikale regerings. Die idee is om die mag uit die hande van self gesentreerde diktators te haal en aan die ou op die straat wat betaal vir hulle ambisie te gee. Trump kan dit ook nie stop nie, net vertraag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.