VSA wil Zim se verkiesingsuitslae sien

Zimbabwiese Verkiesingskommisie (ZEC) Foto: Matthews Baloyi, ANA

Jeff Flake, senator van Arizona in die VSA, het Vrydagaand ʼn beroep op die Zimbabwiese verkiesingskommissie gedoen om gestand te doen aan sy belofte oor deursigtigheid en alle inligting oor stemmery vry te stel.

Flake het gesê om seker te maak dat die verkiesingsuitslae van 30 Julie vertrou kan word, moet die ZEC omvattende inligting vrystel, insluitend uitslae van elke kieserstasie wat deur party-agente afgeteken is. Dié agente was teenwoordig vir die stemmery en saamstel van uitslae.

Flake is ook die voorsitter van die senaat se subkomitee van buitelandse betrekkinge oor Afrikakwessies. Hy het gesê die geweld wat in die land uitgebreek het ná die verkiesing herinner aan die dae van verdrukking van voormalige president Robert Mugabe. “Die gebruik van die Zimbabwiese weermag om op politieke betogings te reageer en die gebruik van die polisiemag om perskonferensies te ontwrig is nie tekens van ʼn nuwe era nie. Dit lyk egter soos ʼn vreeslike verlede.” Flake het gesê ná dekades van wanbestuur deur Robert Mugabe, verdien Zimbabwe nou ʼn regering wat sy mense werd is.

Flake was in Zimbabwe om die verkiesing dop te hou en het gesê burgers het op 30 Julie kilo’s ver geloop om te stem. “Tydens my besoek aan nagenoeg ʼn dosyn stembusse in die platteland van Zimbabwe, het ek gesien hoe verteenwoordigers van Zanu-PF en MDC-Alliansie vriendelik gesels en mekaar help om behoorlik die resultate te bepaal. Ek het gesien daar is ‘n hoop vir ʼn beter, meer demokratiese en voorspoedige toekoms vir Zimbabwe.”

Geweld het egter op 1 Augustus in Harare uitgebreek en die lewens van minstens ses persone geëis. Talle persone is dood. Vermoedelik MDC-Alliansie-ondersteuners het met die weermag gebots toe hulle teen beweerde verkiesingsbedrog betoog het.

Die Zimbabwiese Republikeinse Polisie het ook joernaliste uit mekaar gejaag wat vir ʼn perskonferensie van MDC-Alliansieleier Nelson Chamisa wou bymekaar kom. Chamisa het later aan verslaggewers gesê hy sal regstappe oorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Ek hoop die VSA kry iets uitgerig! Dalk is dit tyd dat hierdie muishondlande die middelvinger begin kry (hulle haat mos in elk geval alles uit die Weste behalwe die geld) Tough love benadering is nou nodig!

En vlugtelinge ·

Zim en ander lande se sogenaamde struggllerd vra nie net heeltyd geld en hulp van die beste nie maar oorval hulle met vlugtelinge ook so die Weste het beslis reg om te vra.

OWO ·

Dit is jammer dat daar nie internasionale waarnemers ontplooi was om die verkiesing te monitor nie.Hierdie klink vir my te veel na ‘n Zanu PF, Mugabe Kwadraat gekookte uitslag.Die meeste Zimbabwers wat ek ken wil graag ‘n verandering in hulle land sien.

Groenie ·

Dis maar net soos hier in SA. ‘n Ander president, maar nog steeds dieselfde korrupte ou party.

jaco ·

Dis nou ‘n land wie se huidige president 3 miljoen stemme MINDER as sy opponent gekry het, maar hy het steeds die verkiesing gewen. Ek dink dis eerder ‘n geval van “the pot calling the kettle black”.

maganees ·

google bietjie “electoral college”, persoonlik is ek bly die VSA stel nog enigsins belang wat in Afrika aangaan.

IK ·

By ons sal die 2019-verkiesing ook dies. paadjie loop. Papier was nog altyd geduldig.

Basjan ·

Nou pra’ jy IK. ‘n Mens hoef nie ‘n profeet te wees om so ‘n voorspelling te kan maak nie.

Monitor ons bejaardes ook ·

Kom ons vra hulle of ander instansies om die menseregteskendings teenoor bejaardes in SA ook te monitor.

Hennie ·

Wonderlik dat VSA nou belangstel, maar waar was hulle al die jare? As hulle in Afrika belangstel, hoekom niks doen aan plaasmoorde, wapendiefstal, grondonteiening, ens in Suid Afrika nie? Dan keur hulle dit mos stilswyend goed.

Kaufman ·

Hulle het nou eers n president wat nie die nuwe wereldorde dien nie.

Jannie ·

Die Yanks is baie selektief oor waar en waaroor hulle in Afrika besorg is! Wonder watter item of mineraal op hulle agenda hulle nou noop om by Zimbabwe se verkiesing in te meng!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.