VSA wou Kubaanse regering met “Twitter” omverwerp

Skermskoot van Zunzuneo

Skermskoot van Zunzuneo

‘n Kubaanse Twitter, bekend as ZunZuneo wat in 2012 oornag verdwyn het, was ‘n geheime projek van die VSA om die Kubaanse regering omver te werp.

‘n Ondersoek deur die nuusagentskap, Associated Press, het aan die lig gebring dat die projek deur USAid, ‘n vertakking van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, begin is. Staatsfondse is verdoesel as deel van ‘n projek wat in Pakistan van stapel gestuur is. ZunZuneo is selfs vanuit Europa bedryf om die Amerikaanse wortels te verdoesel.

Op sy hoogtepunt het die diens 40 000 deelnemers gehad, maar private finansiering het begin opdroog, en dit het geblyk dat die Kubaanse regering daarop “ingebreek” het en sy eie boodskappe begin versprei het. Die diens is skielik oornag gesluit sonder dat die herkoms aan die lig gekom het.

Die ondersoek het ook aan die lig gebring dat die goedkeuring van die fondse nie by die voorgeskrewe senaatskomitee aangevra is nie.

‘n Volledige berig kan hier gelees word.
Bonne: New York Post, CBS News, The Independent, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.