Vulkaanuitbarsting dreig in Filippyne

Mense kyk Sondag hulpeloos toe soos Vulkaan Taal stoombelaaide pluime uitspoeg. (Foto: Aaron Favila, AP)

Talle mense is reeds gevra om die gebied te ontruim nadat ’n vulkaan sedert die naweek lawa en donker aswolke naby die Filippynse hoofstad Manila uitspoeg. ’n Vulkaanuitbarsting word nou in die komende dae vir dié eilandgroep gevrees.

Sowat 45 000 inwoners het reeds die gebied ontruim sedert die vulkaan Taal in die provinsie Batangas, sowat 66 km suid van Manila, Sondag tekens van aktiwiteit begin toon het.

Amptenare voorspel dat minstens 200 000 inwoners in die komende dae genoodsaak gaan word om die gebied te ontruim indien uitbarstings vererger.

Volgens die Filippynse instituut vir vulkanologie en seismologie het flou lawafonteine Maandag omstreeks 02:49 (plaaslike tyd) sporadies begin voorkom en duur dit voort.

‘n Familie onttruim Maandag in Tagaytay in die Filippyne. (Foto: Aaron Favila, AP)

Die vulkaan se hoofkrater het ook Maandag stoombelaaide pluime van ongeveer 2 km hoog gegenereer. Talle huise, paaie en voertuie was teen Maandagmiddag met as bedek en verskeie besighede het reeds hul deure gesluit.

“Dit is die soort situasie waar enige voorbereiding steeds nie voldoende sal wees nie. Ons bid,” het Hermilando Mandanas, die provinsiale goewerneur van Batangas, gesê.

Die plaaslike instituut vir vulkanologie en seismologie het ’n vlak vier-waarskuwing uitgereik wat daarop dui dat “’n gevaarlike uitbarsting binne ure of dae” moontlik is.

Die instituut het gesê dat hy vanaf Sondag minstens 144 vulkaniese aardbewings van die Taal-vulkaan waargeneem het. Altesaam 44 van dié aardskuddings het in intensiteit gewissel.

Die Filippyne is op die geologies aktiewe Pasifiese Ring van Vuur geleë, waar 75% van die wêreld se vulkane voorkom.

Inwoners onttruim Maandag by ‘n plaaslike skool. (Foto: Gerrard Carreon, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jennefer ·

Jy is reg, het jou lampie ook olie in, die Bruidegom kom!!

Realis ·

Nie regtig tekens nie, vulkane en aardbewings was nog altyd daar en sal daar wees tot aan die einde van die aarde. Wat wel tekens is, is dat mense hulself onaantasbaar ag en gaan bly waar hierdie vulkane al vir duisende/miljoene jare besig is. Julle gaan seerkry, bly weg daar.

ANÉ ·

Onbeskryflik hartseer… en totaal uitgelewer, aan die natuurelemente! Moet baie traumaties wees, vir die arme mense siestog…kan my net indink. Maar dis ook iets, wat húlle mee grootword, wat hulle kén en mee vertroud is

Janneman ·

Sien die vulkaan kry hulle darem om te begin bid… Hoor vanoggend ou Cyril wil ook skielik hê God moet ONS nasie red… Nou ja, toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.