Vulkaanuitbarsting drie maande later verby

Die Cumbre Vieja-vulkaan op Spanje se Las Palmas-eiland op
13 Desember (Foto: PIERRE-PHILIPPE MARCOU/AFP)

ʼn Uitbarsting van die Cumbre Vieja-vulkaan op Spanje se Las Palmas-eiland wat honderde huise vernietig het, is drie maande nadat dit begin het uiteindelik verby.

Las Palmas is een van sewe eilande wat deel vorm van die Kanariese eilande.

Geen beserings of sterftes word direk met die uitbarsting wat op 19 September begin het, verbind nie. Meer as 1 345 huise is vernietig asook skole, kerke en ander infrastruktuur.

Die uitbarsting, wat met gereelde aardskuddings gepaardgegaan het, was die eerste op Las Palmas sedert 1971 en die langste uitbarsting nog op die eiland met sowat 83 000 inwoners.

Sowat 7 000 mense is uit hul huise verwyder en die skade van die uitbarsting sal na verwagting meer as sowat R16 miljard ($1 miljard) beloop.

Volgens kenners kan dit jare lank duur om die grond wat deur die lawa vernietig is te herstel asook om die groot hoeveelhede as van geboue en paaie te verwyder.

Die vulkaan sal vir ʼn wyle steeds voortgaan om giftige gasse vry te stel terwyl dit ook lank kan vat vir die lawa om tot ʼn veilige vlak af te koel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.